Graad 4-wiskundevraestel: derde kwartaal

Marise Oberholzer Notas, toetse en vraestelle 2017-08-30

Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 4-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van volume en kapasiteit, breuke, heelgetalle, 2D-vorms, aansigte en patrone.

Vergifnisonderwys: Is dit (voor)teoreties toereikend begrond?

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-29

"Erkenning van diversiteit ook in terme van vergifnis en hoe dit gegee word, maak dit vir almal binne ’n samelewingsverband soos ’n skool moontlik om hulself uit te leef, die sin van die lewe na te streef soos hulle dit verstaan en op dié manier waarde by te dra in en tot die mensdom."

Graad 5-wiskundevraestel: derde kwartaal

Marise Oberholzer Notas, toetse en vraestelle 2017-08-28

Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 5-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van heelgetalle, breuke, massa, faktore, temperatuur, 2D-vorms, transformasies en vermenigvuldiging.

Uitnodiging: NP van Wyk Louw-gedenklesing

LitNet Akademies en skole 2017-08-25

Die Departement Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek (UJ) bied op 14 September ’n NP van Wyk Louw-gedenklesing aan. Marius Crous van die Nelson Mandela Universiteit is die spreker. Hier is nog inligting.

Stilte en agentskap in die slaweroman Philida van André P. Brink

Shamiega Chaudhari LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-24

"In die geval van die onderdrukker word stilte ingespan as ’n wyse waarop die meester sy mag oor sy slawe verseker, terwyl stilte in die geval van die slawe dikwels as verdedigingsmeganisme teen enige vorm van mishandeling of magsmisbruik gebruik word." 

Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-22

"’n Meer inklusiewe benadering tot navorsingsassistentskappe kan lei tot ’n toename in die getal vaardige jong navorsers wat die vermoë het om tot die instelling se navorsingskapasiteit by te dra."

Problematiek van erfenisimpakassessering vanuit ’n geskiedkundige perspektief soos bevind na ’n ondersoek van Tokaipark se geskiedenis, 1792–1910

Kobus du Pisani, Berta van Rooyen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-17

"Deur terug te krabbel om waardevolle navorsingsveld te herwin, gaan Suid-Afrikaanse geskiedkundiges se benadering tot erfenishulpbronne die nalatenskap van die land dien. Dit is nie ’n kompetisie vir finansiële oorlewing of beheer nie, maar die geldigheid van ’n akademiese standaard wat op die spel is."

Vonnisbespreking: Bewerings van owerspel: gedingsvatbare laster?

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-08-17

"Bewerings van owerspel val duidelik binne hierdie kategorie en sal sekerlik die slagoffer se goeie naam of aansien in die oë van die redelike persoon nadelig tref. Huwelikstrou word steeds op grond van die morele en godsdienstige oortuigings van die gemeenskap hoog geag en huweliksontrouheid weens owerspel veroordeel en as blaamwaardig beskou."

Asemrowende stilte

Dorette Bester Kuberklas Kreatief 2017-08-14

"Die feit van die saak is, as ons drie nie onwettige vlugtelinge op ’n luukse skip was nie, kon ons dalk nou duisende mense se lewens gered het. Om nie eers te praat van ons eie lewens nie, maar hoe red jy iemand wat nie verdien om gered te word nie?"

Neurowetenskaplike insigte oor leer en wording aan die hand van twee gevallestudies

Petro van Niekerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-10

"Indien opvoeders in voeling is met hulle eie waardevoorkeure en affektiewe dimensies, waaronder ook emosionele intelligensie en vermoë om ander te motiveer of te inspireer, kan hulle ’n groot invloed uitoefen op hulle leerders se volwassewording."

Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-08

"Die ideologie van dekolonisering sal vorentoe nog strawwer druk op die ewewig van ons universiteite, skole en breër samelewing uitoefen as wat die 'nuwe' Suid-Afrika se ideale van versoening en transformasie nog ooit gedoen het."

’n Heideggeriaanse benadering van landskap as woon in Breyten Breytenbach se Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)

Alwyn Roux, Hein Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-03

"In hierdie artikel word geïllustreer op watter wyse landskap die domein van menslike en niemenslike agente word. Daar is dan ook gewys op verskillende aspekte van landskap in kontras met die taakskap, met die implikasie dat landskap nie net gesien word as ’n toneel in die verte nie, maar veel eerder as ’n wêreld wat bewoon word."

Taalbewussyn as komponent van geletterdheidsvaardigheid: ’n ondersoek na narratiefvaardigheidontwikkeling by Graad 3-leerders

Irene Brand, Christine Anthonissen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-02

"Kuns is ’n medium wat baie beskrywende taalgebruik ontlok, wat nuttig is in die ontwikkeling van narratiewe. Kuns kan dus benut word om mondelinge storievertelvermoëns te ontwikkel en vas te lê om sodoende ook taalbewussyn te bevorder."

Video: Fritz Ponelis-gedenklesing

Liné Loff Akademies en skole 2017-08-01

"Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands het op 27 Julie hul tweejaarlikse Fritz Ponelis-gedenklesing aangebied. Die lesing, getitel 'Veelsydigheid en vernuwing in die werk van Fritz Ponelis', is vanjaar deur Rufus Gouws gelewer. Hier is ’n video-opname van die lesing."

Graad 11-wiskundevraestel: vraestel 2

Jeanne-Mari du Plessis Notas, toetse en vraestelle 2017-07-31

Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 11-leerders.

Om wêrelde te verbeel(d): tekstuele relasionaliteit in Wonderboom (Lien Botha)

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-07-27

"Verbeelding en geheue hou, naas tydsbelewing, met nostalgie verband. Die onmoontlikheid om na die tuiste as beginpunt van die self terug te keer, wat nostalgie definieer, bied gevolglik een interpretasiemoontlikheid vir die oop slot van die verhaal."

’n Wolf in skaapsklere: ’n Onderhoud met Kobus Galloway

Kobus Galloway, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-07-27

"’n Wolf in skaapsklere is ’n opvoedkundige Afrikaanse boek wat idiome uitbeeld deur middel van illustrasies en dit pret maak vir mense om te leer."

Hoërskool-onderwysers in die Vrystaat se ervaring van psigologiese geweld

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Erika Fourie, Tiaan Kirsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-07-26

"In die lig van Suid-Afrika se behoefte aan onderwysers kan die land en die onderwyssektor nouliks ’n verlies aan onderwysers as gevolg van psigologiese geweld bekostig."

Putatiewe noodweer as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Kritiese oorsig van die onseker pad tot by Pistorius en daarná

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2017-07-25

"In misdaadgeteisterde Suid-Afrika glo mense dikwels verkeerdelik dat hulle in lewensgevaar verkeer en derhalwe in noodweer optree. Wanneer hierdie persone hulle dan skielik in die beskuldigdebank bevind, is putatiewe noodweer die verweer waarop hulle kan steun."

Graad 9, 2016: Vraestelle en memoranda

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2017-07-25

Is daar ’n graad 9-leerder in jou huis? Hier is gratis eksamenvraestelle en memoranda vir Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Skeppende Kunste, Lewensoriëntering, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Natuurlike Wetenskappe, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe en Wiskunde.

Top