Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) het tans ’n vakature. Dit is die kuratorspos (op die posvlak van ’n Assistent-direkteur).
Sien asseblief die advertensie, soos uitgereik deur die Vrystaatse Provinsiale Regering by die volgende skakel: http://www.dpsa.gov.za/dpsa2g/documents/vacancies/…/49/t.pdf
Belangstellendes is welkom om aansoek te doen. Die advertensie bevat volle besonderhede vir die rig van die aansoeke.
Aansoekvorms (Z83) is elektronies beskikbaar by: http://www.dpsa.gov.za/vacancies.php.
Die sluitingsdatum is 29 Desember 2017.

