
Stel jy daarin belang om Honneurs in Afrikaans en Nederlands aan ons instansie te doen?
Vanaf 2017 word die honneursklasse in blokformaat tydens die skoolvakansies aangebied om sodoende aan onderwysers die geleentheid te gee om ook die kursus te kan volg. Die klasse word in Port Elizabeth op ons kampus aangebied.
As jy oorwegend Taalkunde wil bestudeer, kan van die Departement van Kuns en Kultuur se ruim beursskema gebruik maak, wat vir jou studies sal betaal.
Om in aanmerking te kom vir dié beurs moet jy vir die volgende modules registreer:
LAV411 Variasietaalkunde
LAS401 Semantiek
LAV412 Leksikografie
LAR402 Skripsie (verpligtend)
Sou jy belangstel in letterkunde, registreer jy vir die volgende modules – die beurs dek nie die letterkundemodules nie:
LAA401 Afrikaanse prosa
LAC402 Kinder-en jeugletterkunde
LAP402 Afrikaanse poësie
LAR402 Skripsie(verpligtend)
Enige navrae oor die kursus of die beurs kan gerig word aan Marius Crous (marius.crous@mandela.ac.za) of Annél Otto (anna.otto@mandela.ac.za)

