Remona Voges

Remona Voges-Van Huyssteen is in Kaapstad gebore en getoë. Sy het gedurende die eerste semester van 2015 die buitelandse komponent van haar meestersgraad aan die Universiteit van Leiden in Nederland voltooi en in 2016 haar verhandeling met lof in Suid-Afrika onder leiding van Louise Viljoen afgehandel. Die titel daarvan is: “Die hantering van die begrip interverbondenheid in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014)”. Sy het hiervoor die Marius Jooste-prys vir die Beste Meesterstudent van 2016 ontvang. Sy het haar debuut as digter in Nuwe Stemme 6 (2017) gemaak en lees gereeld by literêre en kunstefeeste voor. Sy het voorheen by LitNet en LitNet Akademies as assistent-inhoudsbestuurder gewerk en sluit in September 2020 as Protea Boekhuis se Wes-Kaapse bemarker aan.

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal ATKV-Portaal 2020-06-11

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann Onderhoude 2020-06-11

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud. 

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

Remona Voges, Melt Sieberhagen kykNET Portaal 2020-06-11

"Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard."

"Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart

Remona Voges, Nina Swart kykNET Portaal 2020-06-05

"Ek onthou hoe dit was om gementor te word deur ervare mense in die bedryf, en nou vra mense vir my vrae asof ek ’n mentor kan wees. Bwaaa! Ek klink soos ’n ou tannie wat verwonderd is oor die feit dat ek nou ’n ou tannie is."

Die eerste Toyota US Woordfees-teaterskryflaboratorium – ’n onderhoud

Remona Voges, Cornelia Faasen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-06-04

"Die idee is hier om skrywers te ondersteun terwyl hulle aan hulle idees en tekste skaaf – die projek is ’n impetus vir skrywers wat nou (soos die res van die wêreld) tuis sit en wroeg oor wat om volgende te doen."

Onderhoud met Leandie du Randt oor Kom ons jol op kykNET

Remona Voges, Leandie du Randt kykNET Portaal 2020-06-03

"Die program is belangrik omdat dit die publiek betrek. Almal sit op die oomblik by die huis en niemand kan hul vriende of ander mense sien nie, so op so ’n manier kom ons almal bymekaar en voel dit asof ons saam jol, al sit ons nie in dieselfde kamer nie."

"Toneelspel is vir my soos dagga vir Snoop Dogg" – ’n onderhoud met Beer Adriaanse

Remona Voges, Beer Adriaanse kykNET Portaal 2020-05-28

"Vir my is humor die enigste lens waardeur die klug van die mensdom sin maak. Die ander lense sal my ’n vroeë dood laat sterf."

Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys

Naomi Meyer, Remona Voges, Johan Jack Smith Skrywersonderhoude 2020-05-28

"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"

Musiekonderhoud: Petronel Baard gesels oor haar nuwe liedjie en aanlyn konsert

Remona Voges, Petronel Baard Musiek 2020-05-22

"Aanlyn is tog ook anders. Dit is ’n bietjie meer van ’n 'lucky packet' en jy kan ander tegnieke gebruik as in die teater in jou aanbieding. Interesting times indeed!"

"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen

Remona Voges, Irna van Zyl Skrywersonderhoude 2020-05-21

"Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat krimiverhale uitdagend en opwindend maak."

"Bewaar jou siel as jy my in ’n boks probeer sit" – ’n onderhoud met Rolanda Marais

Remona Voges, Rolanda Marais kykNET Portaal 2020-05-21

"Ek is beslis nie ’n tomboy nie, en ek hou van ’n bietjie wine en dine ... So ek en Christelle verskil in daai opsig. Ek is wel, nes sy, nie ’n pushover nie, en beslis nie gemaklik met die tradisionele rolle van die man en vrou nie."

Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor Die oog

Remona Voges, Eben Viktor, Anton Krueger Skrywersonderhoude 2020-05-18

"Mens kan soms baie alleen voel as jy so baie jare lank aan ’n projek werk, maar om dit saam met ’n vriend aan te pak beteken daar is altyd iemand anders om die ding verder te vat as jy op ’n punt moedeloos raak. Dis ook lekker om saam met iemand anders te lag of dink."

Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor Die afloerder en haar liefde vir stories

Remona Voges, Anel Heydenrych Skrywersonderhoude 2020-05-13

"Die wêreld is waansinnig en min dinge maak regtig sin. Miskien gee  skryf vir my die geleentheid om ’n bietjie struktuur te skep – orde in die chaos?"

"Ek probeer die lewe lig hou" – ’n onderhoud met Cintaine Schutte

Remona Voges, Cintaine Schutte kykNET Portaal 2020-05-13

"Ek dink Louis Pretorius en Albert Snyman het ’n pragtige storie vertel met diepte, interessante storielyne, fully-fleshed karakters, belangrike kwessies wat aangespreek word, goeie tekste en ’n storie met hart."

Vervlegte leer as onderrig-en-leer-benadering vir die 21ste-eeuse leerder – ’n onderhoud

Remona Voges, Marné Pedro, Michele van der Merwe Onderhoude 2020-05-11

"Selfoontegnologie moet egter nie buite berekening gelaat word nie, en juis tydens die inperking weet ons van baie onderwysers wat deurentyd foto’s van leermateriaal, notas en take aan hulle leerders via WhatsApp stuur."

Top