Remona Voges

Remona Voges-Van Huyssteen is in Kaapstad gebore en getoë. Sy het gedurende die eerste semester van 2015 die buitelandse komponent van haar meestersgraad aan die Universiteit van Leiden in Nederland voltooi en in 2016 haar verhandeling met lof in Suid-Afrika onder leiding van Louise Viljoen afgehandel. Die titel daarvan is: “Die hantering van die begrip interverbondenheid in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014)”. Sy het hiervoor die Marius Jooste-prys vir die Beste Meesterstudent van 2016 ontvang. Sy het haar debuut as digter in Nuwe Stemme 6 (2017) gemaak en lees gereeld by literêre en kunstefeeste voor. Sy het voorheen by LitNet en LitNet Akademies as assistent-inhoudsbestuurder gewerk en sluit in September 2020 as Protea Boekhuis se Wes-Kaapse bemarker aan.

"Die onmiddellikheid van die verhoog is soos ’n dwelm" – ’n onderhoud met Nicole Holm

Remona Voges, Nicole Holm kykNET Portaal 2020-05-06

"Een ding lei na ’n volgende ding, so selfs al voel jy daai job betaal te min, of jy wil nie regtig stelle verf nie, dóén dit. Kom op enige manier in die kamer en dan kry jy dalk ’n sitplek by die tafel."

Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan

Remona Voges, Willem Krog Skrywersonderhoude 2020-05-06

"Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg?"

"We live charmed lives" – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk-Loots

Remona Voges, Tinarie van Wyk Loots kykNET Portaal 2020-04-29

"Ek kyk na my visse, hier sit ’n kat by my voete en ek het nou net die hoenders kos gegee. In hierdie oomblik, as ek nou net staan en kyk na alles wat ek het en hoe mooi en rustig en vredevol alles is en hoe bevoorreg ek is om dit so te kan hê, dan voel ek in my hart van harte geweldig gelukkig."

"The first step is to keep the book industry alive" – an interview with Mark Gevisser

Remona Voges, Mark Gevisser Books and writers 2020-04-28

"The first step is to keep the book industry alive: to save jobs and preserve the space in which books provide information to South Africans. That is the main task of this initiative."

"TV-shows is in my bloed": ’n Onderhoud met Casper de Vries

Remona Voges, Casper De Vries kykNET Portaal 2020-04-23

"Is ek happy met wat ek bereik het en die heritage wat ek agterlaat? Absoluut. Dis uniek en dis Afrikaans!"

Fynskrif 3: ’n onderhoud met Neels van Jaarsveld

Remona Voges, Neels Van Jaarsveld kykNET Portaal 2020-04-20

"Fynskrif was ’n onvergeetlike ervaring. ’n Absolute hoogtepunt. Elke seisoen was ’n unieke en spesiale reis."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos

Remona Voges, Beyers de Vos Skrywersonderhoude 2020-04-17

"Die vrae 'Het ek iets nuuts om te sê?' of 'Kan ek dit op ’n nuwe manier sê?' is wat my die moed – of vermetelheid – gee om te skryf."

Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges

Remona Voges Kwarantynketting 2020-04-14

"Ek vier môre vir die tweede maal my verjaarsdag in kwarantyn."

Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink

Remona Voges, Madré Marais Skrywersonderhoude 2020-04-14

"Die kortverhaal het ’n sekere intensiteit, ’n vermoë om die menslike ervaring te distilleer tot iets wat die leser met ’n skok van herkenning laat. Met dié intensiteit karring hy aan jou, en bly hy aan jou karring – selfs ná verskeie kere se herlees, selfs jare later."

Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?

Remona Voges, André le Roux Skrywersonderhoude 2020-04-08

"Wanneer ouers sê nee, ek het nie my kind so grootgemaak nie, ek kén my kind, is hulle na alle waarskynlikheid reg. Maar hulle ken hul kind soos hy by die huis is, nie soos hy tussen sy maats is nie. Die kind by die huis en die een op die speelgrond is nie dieselfde kind nie."

Fotogalery: Toyota US Woordfees 2020 Skrywersfees

Remona Voges Toyota US Woordfees 2020-03-19

Die Toyota US Woordfees se skrywersprogram was vanjaar oudergewoonte propvol. Remona Voges het foto's van sommige van die hoogtepunte geneem. 

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Tien duisend ton

Naomi Meyer, Remona Voges Toyota US Woordfees 2020-03-13

"Tien duisend ton is ’n onvergeetlike produksie wat enigiemand se hart sal aangryp."

Fotogalery: Kuns by die Toyota US Woordfees 2020

Remona Voges Toyota US Woordfees 2020-03-11

’n Groot verskeidenheid kunswerke word tydens die Toyota US Woordfees in die Stellenbosch Stadsaal uitgestal. Remona Voges het foto's geneem om kunsliefhebbers ’n voorsmakie te gee van wat daar by vanjaar se fees te sien is.

Fotogalery: Toyota US Woordfeesbundel-bekendstelling

Remona Voges Toyota US Woordfees 2020-03-10

Die Woordfeesbundel is op Vrydag 6 Maart bekendgestel.  Remona  Voges  het  foto's  van  dié  geleentheid  geneem.

Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet

Floris Voges, Remona Voges, Chris L de Wet Onderhoude 2020-03-10

"Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie."

Top