Remona Voges

Remona Voges-Van Huyssteen is in Kaapstad gebore en getoë. Sy het gedurende die eerste semester van 2015 die buitelandse komponent van haar meestersgraad aan die Universiteit van Leiden in Nederland voltooi en in 2016 haar verhandeling met lof in Suid-Afrika onder leiding van Louise Viljoen afgehandel. Die titel daarvan is: “Die hantering van die begrip interverbondenheid in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014)”. Sy het hiervoor die Marius Jooste-prys vir die Beste Meesterstudent van 2016 ontvang. Sy het haar debuut as digter in Nuwe Stemme 6 (2017) gemaak en lees gereeld by literêre en kunstefeeste voor. Sy het voorheen by LitNet en LitNet Akademies as assistent-inhoudsbestuurder gewerk en sluit in September 2020 as Protea Boekhuis se Wes-Kaapse bemarker aan.

Skrywersonderhoud: Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies

Carla van der Spuy, Naomi Meyer, Remona Voges Skrywersonderhoude 2019-09-30

"Die gevangene fokus al sy aandag op jou, die vrou daar buite. Hy vlei jou, skryf vir jou die mooiste gedigte en liefdesbriewe en jy word die spil waarom sy heelal draai. Dis besonder goed vir die ego."

Skrywersonderhoud: Willem S van der Merwe oor Nuwe vrese

Remona Voges Skrywersonderhoude 2019-09-27

"Ek het meer uitgebrei op sekere ou temas soos verlore liefdes en die dood, en metafore het meer afgestroop geword. Ek dink ek het ook minder byvoeglike naamwoorde gebruik. Less is more."

"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019

Remona Voges, Alexa Strachan Aardklop 2019-09-19

"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.   

Tuin van Digters 2019 een vir die boeke

Remona Voges Feeste 2019-09-17

"Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert, se baskitaarnote."

Breyten by Tuin van Digters 2019

Francois Lötter, Remona Voges Feeste 2019-09-12

Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou. 

'n Onderhoud oor Oedipus by die kykNET Silwerskermfees 2019

Remona Voges, Canya Cruywagen, Stefan Benade Film 2019-08-29

Oedipus: Die musical – ’n dokumentêr  is by hierdie jaar se kykNET-Silwerskermfees met sewe toekenninngs bekroon. Remona Voges het met Stefan Benade (skrywer en regiseur) en Canya Cruywagen (redigeerder) gesels om meer oor dié indrukwekkende kortfilm uit te vind. 

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Monet Nel SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-08-12

"Hoërskole sit met tieners wat maklik rebelleer, en waarteen beter om te rebelleer as ’n argaïese tradisie wat op jou afgedwing word? Tradisies moet aanpasbaar wees."

 

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Mkululi Nompumza SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-08-06

"I am of the opinion that when one is a part of an organisation, it is one’s experiences in decision-making that engender a sense of belonging and purpose."

Fotogalery: kykNET Silwerskermfees-programbekendstelling

Remona Voges kykNET Portaal 2019-08-02

Silwerskermfees 2019 se program is op 1 Augustus by die deftige Big Bay Hotel in Kampsbaai bekend gestel. Remona Voges het gaan foto's neem van dié lekker geleentheid.

Musiekproduksie: Krog

Remona Voges, Olga Wyngaard Musiek 2019-08-02

Krog met Hilandi du Toit, Olga Leonard, Babette Viljoen vertoon 7 Augustus om 20:30 by Die Boer. Remona Voges het met die lede van die groep gesels om meer oor die produksie te wete te kom. 

 

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Darius Erasmus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-07-30

Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"

LitNet Akademies (Regte)-onderhoud: ’n gesprek oor die Openbare Beskermer

Christiaan van Huyssteen, Remona Voges, Naomi Meyer Onderhoude 2019-07-26

"In die lig van die uitspraak teen haar en die reaksies op sekere verslae deur Mkhwebane, is ek van mening dat sy nie haarself tans goed van haar taak kwyt nie. Inteendeel dink ek dat haar optrede teenstrydig is met die baie belangrike verantwoordelikhede wat ’n Openbare Beskermer het."

Op soek na Jacobus Verster: ’n onderhoud met François Verster

Naomi Meyer, Remona Voges, François Verster Skrywersonderhoude 2019-07-24

"Ek weet nie of dit nou belangriker is as tevore nie, maar ek dink wel baie Suid-Afrikaners dink nou meer oor hulle plek in die land. ... Verder migreer ons wat duisende jare gelede hiervandaan na Europa getrek het, en toe weer hier kom woon het, nou weer na ander geografiese en kulturele gebiede. Ons geskiedenis is dus deel van die globale migrasiegeskiedenis van homo sapiens."

Foto's: SA Akademie se Suidelike Bekroningsplegtigheid

Remona Voges Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2019-07-16

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 10 Julie 2019 dertien gesogte akademiese pryse by die Adam Small Teater in Stellenbosch oorhandig ter erkenning van die besondere bydraes op die terrein van die wetenskap, tegnologie, die letterkunde en die kunste. Remona Voges-Van Huyssteen het foto's geneem. 

Grondwater: ’n onderhoud met Marlise Joubert

Remona Voges, Marlise Joubert Skrywersonderhoude 2019-07-09

"Met verwondering en verbeelding bou jy soos ʼn kind vir jou ʼn dorpie in die sand, ʼn dorpie met die beste paaie, huise en winkels. Jy kan maar net hoop dat lesers ook jou woorddorpie sal besoek, voordat die tyd dit verkrummel."

Top