Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 10 Julie 2019 dertien gesogte akademiese pryse by die Adam Small Teater in Stellenbosch oorhandig ter erkenning van die besondere bydraes op die terrein van die wetenskap, tegnologie, die letterkunde en die kunste. 'n Tweede bekorningsplegtigheid vind op 18 Julie in Pretoria plaas. Remona Voges-Van Huyssteen het foto's van die geleentheid geneem.
Die volledige lys pryse wat op 10 Julie oorhandig is:
1. Fanie Naudé: Hertzogprys vir prosa
2. Lodewyk G du Plessis (regter Andries Buys): Eugène Maraisprys vir prosa
3. Hennie van Coller: DF Malanmedalje
4. Rufus Gouws: NP van Wyk Louwmedalje
5. Debra Meyer: Die erepenning van die SA Akademie se fakulteit
natuurwetenskap en tegnologie
6. Louis Pretorius: Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir 'n
televisiedrama in Afrikaans
7. Frank Hendricks en Charlyn Dyers: CL Engelbrechtprys vir Afrikaanse
taalkunde
8. Die Odeion Strykkwartet: Huberte Rupertprys vir klassieke musiek
9. Barbara Huisamen: Havengaprys vir gesondheidswetenskappe
10. Bernard Combrink: Ds. Pieter van Drimmelenmedalje
11. Louis Pretorius: Erepenning vir 'n televisiedrama In Afrikaans
12. Pippa Parker: Besondere erepenning van die SA Akademie
13. NAM (Alex) de Gouveia: Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje
(Plantkundige Wetenskappe)
















