Die kykNET Silwerskermfees 2019 se program is op 1 Augustus by die deftige Big Bay Hotel in Kampsbaai bekend gestel. Remona Voges het gaan foto's neem van dié lekker geleentheid. Die fees vind plaas van 21 tot 24 Augustus. Kaartjies is vanaf 2 Augustus by Computicket beskikbaar. Daar is ook ’n spesiale voorskou van Fiela se kind by die Labia-fliekteater in Kaapstad. Kaartjies hiervoor is by die Labia te koop.












