
Foto van Nina Schumann: verskaf
Die Suid-Afrikaanse pianis Nina Schumann het onlangs as solis na die verhooog teruggekeer ná ’n lang afwesigheid weens probleme met haar gesondheid. In hierdie luisteronderhoud gesels sy met Remona Voges oor haar lewe, haar loopbaan, opkomende vertonings en ’n opwindende nuwe projek, Concerts Connect, waarby sy betrokke is.
’n Solovertoning deur Nina word op 14 Junie om 15:30 regstreeks vanuit die manjifieke Casa Labia in Muizenberg uitgesaai. Die program bestaan uit werke deur Bach, Haydn, Debussy en Rachmaninoff. Sy tree ook later vanjaar as deel van TwoPianists saam met die bekende pianis, Luis Magalhães op. Kaartjies vir dié speisale geleenthede kan hier gekoop word.
Lees hier meer oor Concerts Connect:

