Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger

Naomi Meyer, Willie Burger Skrywersonderhoude 2019-02-05

"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."

Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?

Naomi Meyer, Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-01-31

"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."

Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom

Naomi Meyer, Matthys Strydom Skrywersonderhoude 2019-01-30

"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."

Grondwoorde groei uit KwaZulu-Natal: ’n onderhoud oor ’n Afrikaanse gedigkompetisie

Naomi Meyer, Wouter Gildenhuys Onderhoude 2019-01-30

"Grondwoorde is 'n Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal. Die drie hoofdoelwitte is: (i) die bevordering van Afrikaans; (ii) om aspirantdigters te ondersteun; en (iii) om brûe tussen leerlinge van meer diverse groepe te bou."

Klankbord op die TV-spyskaart: ’n onderhoud met Ilse van der Merwe

Naomi Meyer, Ilse van der Merwe Onderhoude 2019-01-29

"Die reeks is 'n samekoms van twee kreatiewe wêrelde: musiek ('klank') en kos ('bord')."

“Time” writing competition: Interview with Rethabile Sindi

Rethabile Sindi, Naomi Meyer, Naomi Bruwer Onderhoude 2019-01-24

"I take Afrikaans as home language. Being the only black student in my class I wanted to highlight what makes me stand out in a crowd."

“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Johan Kotze

Johan Kotze, Naomi Meyer, Naomi Bruwer Onderhoude 2019-01-24

"Ek is baie bewus van ritme en sal soms ’n rukkie dink aan ’n goeie woord om by die ritme te pas. Ek is ook lief vir subtiele alliterasie en assonansie en baie keer gebeur dit byna outomaties."

“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Eunice Basson

Eunice Basson, Naomi Meyer, Naomi Bruwer Onderhoude 2019-01-24

"My ouers het ons nooit van hierdie baba en hulle verlies vertel nie; konvensie en stilte het in daardie jare die oorhand gehad. Die feit dat my ma hierdie 'geheim' lewenslank op ’n kalender herdenk het, het my destyds eindeloos ontroer en so het hierdie gedig begin vorm aanneem."

LAPA se nuwe druknaam laat die wenkbroue lig

Naomi Meyer, Izak de Vries, Johan Jack Smith Onderhoude 2019-01-23

"Solank dit ’n goeie storie is. Publikasie sal steeds deur die gehalte van die manuskrip bepaal word."

Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen Skrywersonderhoude 2019-01-16

"Nee, ek dink  nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."

Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman Skrywersonderhoude 2019-01-16

"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Hans Pienaar Skrywersonderhoude 2019-01-07

"Maar Johan huiwer nie, weens die tweespalt wat in hom heers: Aan die een kant geniet hy sy diensplig, die avontuur daarvan, die opwinding van grootskaalse militêre projekte. Aan die ander kant besef hy alles is nie pluis nie ..."

Om ’n brug te bou: ’n onderhoud oor Johnny Clegg se "The crossing"

Naomi Meyer, Schalk D van der Merwe Onderhoude 2018-12-14

"Die sosiale rol van kuns is ’n komplekse ding op ’n filosofiese vlak, maar in die geval van hierdie liedjie word dit dalk die beste opgesom deur te sê dat dit iets is wat mens neem na jou mees basiese, eerlikste en rouste emosionele vlak, gestroop van die vooroordele wat oor tyd in jou gemoed saampak."

Daar’s ’n engel in my koskas: ’n onderhoud met Willie Strauss (en twee resepte)

Naomi Meyer, Willie Strauss Kos en wyn 2018-11-29

"My ma was een van daai mense wat lekker kon kosmaak. Niks fênsie nie. Gewone kos. Trooskos as ons naweke huis toe gegaan het.  ... My liefde vir kos het daar op die plaas begin. Ek kook soos sy."

The Enumerations: an interview with Máire Fisher

Naomi Meyer, Máire Fisher Books and writers 2018-11-28

"I like the idea of it being a whydunnit, but I really do hope that readers will land up liking Noah and understanding more about him. I think it’s really important that we see people as people, not as being defined by their conditions."

Top