Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

I wish I'd said: ’n onderhoud met Johann de Lange

Naomi Meyer, Johann de Lange Skrywersonderhoude 2018-08-08

"Daar word alreeds geruime tyd en deur ’n groot verskeidenheid organisasies en persone werk rondom meertaligheid gedoen. ... Dit is ... belangrik dat verskille gevier word, en dat daar nie probeer word om van alles ’n eenselwige grys brei te wil maak nie."

I wish I'd said: an interview with Mantoa Motinyane

Naomi Meyer, Mantoa Motinyane Books and writers 2018-08-08

"What was striking about the different poets was that each one had, at some point in their life, experienced some form of grief, love, birth and hope. These themes came through in all the languages."

Taal en migrasie: ’n onderhoud met Andries Coetzee

Naomi Meyer, Andries Coetzee Onderhoude 2018-08-07

"Migrasie is deel van die geskiedenis van die mensdom vanaf die vroegste tye en tot vandag toe. Sover as ek kan sien, is daar niks nuuts in die migrasie van boere na Patagoniё toe nie, en ook nie vir boere wat sou kies om Rusland toe te gaan nie. Hierdie migrasies vind al vir millennia plaas en om baie van dieselfde redes: ideologies, finansieel, avontuur, oorlog ..." 

Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway

Naomi Meyer, Kobus Galloway Skrywersonderhoude 2018-07-27

"Twintig jaar gelede moes ons idiome van ’n lang lys af leer; dit was baie om te onthou en vervelig om te leer. Met my nuwe boeke kan mens na ’n kleurryke illustrasie van ’n idioom kyk."

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Suzaan Steyn Skrywersonderhoude 2018-07-26

"Jy kan maar sê jy't jou eie finansiële adviseur op jou boekrak."

Road Trip SA: ’n onderhoud oor ’n slimfoontoepassing vir elke reisiger

Naomi Meyer, Emile Coetzee Reis 2018-07-19

"Wie sou kon raai dat daar so baie Suid-Afrikaanse monumente, elkeen uniek, in ons land en in ons buurlande en selfs oorsee is?"

WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam?

Naomi Meyer, Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2018-07-09

"Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van die skeppende krag van Afrikaans en dat jy suksesvol met ’n Afrikaanse naam kan handel dryf."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Rina Loader Onderhoude 2018-07-04

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk.

Kobus Geldenhuys: Oor drakies, kinderboekvertaling en die proe aan woorde

Naomi Meyer, Kobus Geldenhuys Boeke en skrywers 2018-06-28

"Jy skep op ’n ander manier as die skrywer – jy herskep eintlik – en jy moet seker maak jy laat die teks tot sy volle reg kom in die teikentaal."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań

Menán van Heerden, Karen Kuhn, Naomi Meyer, Jerzy Koch Onderhoude 2018-06-20

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Departement Nederlands en Suid-Afrikaans by die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań, Pole.

Patagonië: ’n onderhoud met Maya Fowler

Maya Fowler, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2018-06-13

"Selfs toe ek aan Karin Brynard se Plaasmoord vertaal het, het ek die Griekwastad-omgewing besoek, want ek wou die wind hoor, die bossies ruik, die stof proe. Ek het gedink dis belangrik om dinge op daardie vlak te verstaan om outentiek te kan vertaal. En so is dit met die skryf ook."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Annelies Verdoolaege van die Universiteit Gent

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Annelies Verdoolaege NeerlandiNet 2018-06-13

"Ja, het Afrikaans wordt als meerwaarde gezien, een taal die het Zuid-Afrikaanse talige/culturele landschap verrijkt en een meerwaarde geeft. Vooral voor ons Vlamingen en Nederlanders opent het Afrikaans de deur naar Zuid-Afrika en Afrika." Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Annelies Verdoolaege.

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Eep Francken van die Universiteit Leiden

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Eep Francken NeerlandiNet 2018-06-13

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Eep Francken van die Universiteit Leiden.

Die Afrikaners: ’n onderhoud met Hermann Giliomee oor die boek en die kykNET-reeks

Naomi Meyer, Hermann Giliomee Onderhoude 2018-06-12

"Ek dink die term Afrikaner is vandag veel minder gelaai as 30 of 40 jaar gelede."

Truitjie roer my nie: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling

Naomi Meyer, Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling Skrywersonderhoude 2018-06-07

"So dit is nie ’n Schalk-boek deur Erns nie, maar ’n Schalk-boek deur Schalk, in samewerking met Erns."

Top