Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

US Woordfees 2018: Pieter en die wolf, gedagtes van ’n ma

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-05

"Philip de Vos is ook daar, ewe aanwesig as die son, en hy is in alle opsigte die ster van die vertoning. Sy manier om die storie van Pieter en die wolf te vertel is fantasties."

US Woordfees 2018: Grepe van Karin Hougaard se lewe en musiek

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-03

"Sy vertel haar lewensgrepe deur te sing."

US Woordfees 2018: Nederlandse skrywer Ray Kluun

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Ray Kluun Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-01

"Ik hou van toneel en muziek, vooral rap en hiphop, ben fan van Die Antwoord en Cooler as ekke van Jack Parow is een van mijn favorieten."

US Woordfees 2018: Vlaamse skrywer Tom Lanoye

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Tom Lanoye Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-01

"Alles wat ek skryf, moet ook lekker klink as jy dit hardop sê; en my romans het strukture en build-ups wat aan tipiese teatertegnieke refereer."

US Woordfees 2018: ’n Onderhoud oor Kalmte in die malle gejaag

Naomi Meyer, Johannes Bertus de Villiers Skrywersonderhoude 2018-03-01

"Mense maak dikwels die aanname dat jy 'kalmte' en bewustelikheid net kan ontgin as jy met ’n vreedsame uitdrukking op jou gesig rondsit - verkieslik op ’n strand of in ’n groen woud, soos ’n sjampoe-advertensie. Maar bitter min van ons gaan onsself ooit in sulke omstandighede bevind ... ’n Veel nuttiger kuns is om iets van kalmte en tevredenheid  in jou alledaagse, holderstebolder lewe te kan beoefen." 

US Woordfees 2018: Irna van Zyl gesels oor Gifbeker

Naomi Meyer, Irna van Zyl Skrywersonderhoude 2018-02-28

"Die boek begin toe die mees berugte kosblogger in die land dood neerslaan in sjef Zeb Tswalo se deftige restaurant in die Hemel-en-Aarde Vallei buite Hermanus."

Woordeboek van die Afrikaanse Taal: Tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT

Naomi Meyer, Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2018-02-28

Willem Botha: "Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is ’n omvattende Afrikaanse verklarende woordeboek wat Afrikaans in sy volle omvang vaslê.  Nie net Standaardafrikaans nie, maar ook die ander variëteite soos Kaaps en Namakwalands vind ’n tuiste in die woordeboek.  Indien die WAT nie voltooi word nie, sal die Afrikaanse woordeskat nooit volledig opgeteken word nie." Lees ook die WAT se oorsig van 2017–2018.

US Woordfees 2018: Dutch writer Ernest van der Kwast

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Ernest van der Kwast Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-28

"My latest book is called Jouw toekomst is mijn toekomst (2017) and contains the stories of four students with a refugee background. These are courageous stories that offer a different perspective on people who have made the crossing to Europe."

US Woordfees 2018: Vlaamse dichter Charlotte Van den Broeck

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Charlotte Van den Broeck Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-28

"Mijn debuutbundel Kameleon was erg gefocust op vrouwelijkheid, identiteit en het vrouwelijke lichaam dat tot wasdom komt. Hierin stond de vraag naar de Ander centraal: het lichaam wil bij een ander lichaam horen, maar wil en moet ook van zichzelf zijn."

US Woordfees 2018: 100% Stellenbosch — een indruk van honderd stories

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-26

"Ek het meer raakpunte as verskille tussen mense gesien."

100% Stellenbosch: A whole town on a stage

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Helgard Haug Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-23

"What if we tried to get a whole city on a stage! These were the starting questions of the 100% project! What would we face if Stellenbosch was represented by a cross section of 100 people?"

US Woordfees 2018: ’n Onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-21

"100% Stellenbosch is vanjaar die US Woordfees se vlagskipproduksie en ons pak dit aan saam met Rimini Protokoll, ’n Duitse teatergroep uit Berlyn wat soortgelyke produksies al in 34 stede regoor die wêreld aangebied het."

US Woordfees 2018: ’n Onderhoud met Karin Hougaard

Naomi Meyer, Karin Hougaard Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-21

Karin Hougaard is geen onbekende in Suid-Afrikaanse geledere nie. Sy kom kuier binnekort in Suid-Afrika en vertel vir Naomi Meyer van haar toerprogram.

Darryl David oor die tweede Adam Small-fees

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2018-02-21

"Die fees gaan by die Pniël Museum plaasvind. Mense kan nie die pragtige kerk misloop nie. Dis waar jy moet parkeer. Alle lesings is gratis. Behalwe Peter Braaf se opvoering van Joanie Galant en What about the Lô wat R50 kos. En Ghaireyah se opvoering kos ’n skamele R5 per leerling."

US Woordfees 2018: Die Kaap is weer Frans

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-20

"Die produksie is ... ’n natuurlike uitvloeisel van die musiek waarby ek die afgelope tyd baie betrokke was. ... Die Weste ontmoet Afrika op een verhoog. Die feit dat die Franse Hugenote vanjaar ook 330 jaar gelede Kaap toe gekom het, gee uiteraard verdere stukrag aan die geleentheid."

Top