Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud
2018-10-01"[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees."
Maak jy musiek? Schalk van der Merwe vertel hoe om te "plug in with a pro"
2018-09-27"Ek vergelyk dit altyd met gholf. Jy kry jou klub se 'resident pro' wie se taak dit is om te werk aan jou 'swing', by wyse van spreke. En dan eendag kom Tiger Woods ’n rondte speel by jou klub en jy kry die kans om saam met hom te stap, hom te observeer en met hom te gesels. Sulke ervarings is goud werd."
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse: ’n onderhoud met Herman Lategan
2018-09-25"Afrikaans het ’n groot skatkis van lieflike woorde. Dit is vir my opwindend. Mense? Wat is woorde sonder mense? En wat is mense sonder woorde? Net die groot swart niet. Die donkerte waarvoor ek so bang is."
Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-20"Die festival se organiseerders wil hierdie jaar try om die band tussen Vlaams, Nederlands en Afrikaans te versterk en ek dink ek is die enigste Suid-Afrikaanse musikant wat in België bly, aktief is in hulle musiekindustrie, die groter Vlaamse kunstenaars ken en hulle aan die organiseerders kan voorstel."
Lees en luister: ’n onderhoud met Alexa Strachan oor Aardklop 2018
2018-09-19"Dit bly onmoontlik om almal 100% tevrede te hou, maar solank as wat mens in voeling bly met jou mark, en aan hulle terugvoer gee, al kan jy nie altyd aan versoeke voldoen nie, glo ek jy is op die regte pad. Potchefstromers se gasvryheid speel natuurlik ook ’n belangrike rol."
Klaas Delrue oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-19"Maar in 2013 was ik dus op reis in Zuid-Afrika en raakte ik ontzettend hard onder de indruk van de ongelooflijke rijkdom van het land, de veelzijdigheid, en ook wel de complexiteit natuurlijk. Het was de mooiste, meest indrukwekkende reis uit mijn leven."
Wrok deur Beyers de Vos: ’n oudio-onderhoud
2018-09-18Beyers de Vos praat met Naomi Meyer oor Wrok. Luister hier.
Hannelore oor Festival voor het Afrikaans 2018: kyk ’n video-onderhoud
2018-09-17Die Belgiese sangeres en liedjieskrywer Hannelore praat met Naomi Meyer oor Hannelore se optrede by vanjaar se Festival voor het Afrikaans (wat 22–23 September plaasvind) in Amsterdam.
Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-13"Ek verkies om wat ek doen, woordkuns te noem. Die lyn tussen rymklets en gedigte is soms vaag en dit werk vir my, want daar is deesdae te veel mense wat jou in ’n boks wil gooi sodat hulle beter oor hulself kan voel. Rymklets is lankal nie meer ’n gier wat gaan oorwaai of ’n tendens wat met ouderdom vervaag nie."
Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-13"Bill Clinton het dit mooi gestel toe hy gedurende 'n verjaarsdagviering van mnr Mandela vertel dat wetenskaplikes bevind het dat ons verskille, soos ras, liggaamsbou – die uiterlike – asook wat ons glo en wat ons oortuigings betref, bloot 1% van ons samestelling opmaak – 99% is ons dus almal, ongeag die verskille, presies dieselfde."
Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-13"My werk is om suksesvol te kommunikeer met ’n gehoor, of ek nou in Afrikaans, my moedertaal, Engels of enige ander taal sou optree. Ek wil hoop dat daar ’n universele kwaliteit is aan dit wat ek doen waarby gehore kan aanklank vind – of hulle alles verstaan wat ek sing of nie."
Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-12"Die klem val vir my altyd tog op kuns; taal is die rivier wat die storie ondersteun en belig."
Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018
2018-09-11"Afrikaanse, Afrika-, Nederlandse en Vlaamse kunstenaars het groot komponente van hul tale as ’n gemene faktor. Interpretasie en aanbieding is ’n gebied waarop ons baie by mekaar kan leer. Dit is nie lekker om in isolasie te kuns nie. Mens sou graag wou glo dat ’n mens uniek is, maar die realiteit is dat al ons idees en dinge wat ons bereik, geïnspireer is deur iemand of iets anders. Ons staan op berge van informasie en ons is ewige sponse."
Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud
2018-09-11"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."
Open Book Festival 2018: An interview with Frankie Murrey
2018-09-06"The festival has become known for its focus on political and societal topics, and events will include discussions around the 2019 elections, a look at whether our laws hinder or help us, and the future of the media."

