US Woordfees 2019: Cintaine Schutte oor Huishou
2019-02-20"Elkeen wil maar net beter wees as die vorige generasie, as die vorige nageslag. Ongelukkig bots van hul sienings en oortuigings met mekaar. Is dit nie maar die temperatuur en klimaat van ’n land nie?"
Pniël Adam Small Fees 2019: Darryl David gesels met Naomi Meyer
2019-02-15"Die proses om die Adam Small-fees in die lewe te roep het my genees. Ek sê altyd vir mense: As jy Pniël toe gaan, voel jy die liefde. Sommige gemeenskappe is net so." Die Pniël Adam Small Fees vind vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Naomi Meyer het die feesorganiseerder, Darryl David, uitgevra.
US Woordfees 2019: ’n Gesprek met Mercy Kannemeyer
2019-02-15"Ons gesels vanjaar onder andere oor teatertoekennings, transformasie en teater, kulturele toe-eiening, wat jongmense teater toe sal lok, en feeshoogtepunte. Ek is baie opgewonde oor naggesprekke en dink mense moet almal kom bywoon."
#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het
2019-02-14"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa
2019-02-14"Ek kan onteenseglik sê dat om boeke te skryf verreweg die lekkerste werk is wat ek nog gedoen het."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2019-02-11"Jy gaan iéts misloop – dis onafwendbaar. 'FOMO' is absoluut deel van die opwinding en bekoring van ’n fees en deel van mens se skeduleringstrategie."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met die sterre van Lollos en Lettie
2019-02-07Lollos en Lettie is ou bekendes by die US Woordfees. Naomi Meyer gesels met die sterre van die vertoning – en ook met Minki Burger, wat saam met hulle dans en sing.
US Woordfees 2019: Winnie Nel praat oor Met of sonder woorde
2019-02-05"Dit was ... my droom om eendag so ’n grootskaalse produksie te kan aanbied vir die wyer Stellenbosch-omgewing. Ek het nog altyd heimlik gewens ek kon ’n Woordfeesproduksie doen mét kinders vír kinders."
US Woordfees 2019: Nicole Holm gesels oor Drie susters
2019-02-05"Die lekkerste plek bly maar naby die verhoogplanke."
Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger
2019-02-05"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."
Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?
2019-01-31"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."
Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom
2019-01-30"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."
Grondwoorde groei uit KwaZulu-Natal: ’n onderhoud oor ’n Afrikaanse gedigkompetisie
2019-01-30"Grondwoorde is 'n Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal. Die drie hoofdoelwitte is: (i) die bevordering van Afrikaans; (ii) om aspirantdigters te ondersteun; en (iii) om brûe tussen leerlinge van meer diverse groepe te bou."
Klankbord op die TV-spyskaart: ’n onderhoud met Ilse van der Merwe
2019-01-29"Die reeks is 'n samekoms van twee kreatiewe wêrelde: musiek ('klank') en kos ('bord')."
“Time” writing competition: Interview with Rethabile Sindi
2019-01-24"I take Afrikaans as home language. Being the only black student in my class I wanted to highlight what makes me stand out in a crowd."

