Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Pieter Odendaal, Naomi Meyer, Liné Loff Skrywersonderhoude 2018-10-25

"Berge is die vergestalting van hierdie Salka, van die élan vital wat deur ons almal bruis. Dus: berge wóón vir seker; hulle is ’n force op hul eie, klipforte wat nie net woon nie, maar ook skuiling bied vir die lewensvorme wat rondom hulle woon."

Liefde in die tyd van die internet: ’n onderhoud met Fransi Phillips

Naomi Meyer, Fransi Phillips Skrywersonderhoude 2018-10-25

"Die storie moet homself skryf of anders gaan niemand dit doen nie. Ek het ook baie min tyd om te skryf. My digbundel My lied van die niet het ek in twee dae geskryf, en die grootste deel van Liefde in die tyd van die internet is tussen treine op die Moskou-metrostasies geskryf, met die mees ondenkbare lawaai in my ore."

Tebatso gaan see toe: ’n onderhoud met Maya Fowler

Naomi Meyer, Maya Fowler Skrywersonderhoude 2018-10-24

"Die skrywer het ’n verantwoordelikheid om empatie vir ander te voel, en sodra ’n mens vir iemand empatie het, kan jy, nadat jy jou navorsing gedoen het, oor hom of haar skryf. Maar dit moet outentieke empatie wees – naïewe empatie lei na soetsappige skryfwerk, of nog erger, stereotipering."

Landbou Boerekos deur Arina du Plessis: van die plaas na die tafel

Naomi Meyer, Arina du Plessis Skrywersonderhoude 2018-10-24

"Die A–Z van die lekkerste kos met plaasprodukte: van aartappels en amandels, beet, dadels, lamsvleis en lemoene tot by waterblommetjies en wortels. Die boek bied ook uitstekende waarde vir geld, met meer as 300 resepte."

Kanarie: persoonlike indrukke

Naomi Meyer Film 2018-10-22

"’n Kanarie hoort nie in ’n kou nie."

Huppelkind, gister en vandag: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Michelle Cooper Onderhoude 2018-10-18

"Huppel is die universele kind. Hy is sorgvry en nuuskierig oor die mense, diere en dinge om hom."

You make me possible: An interview with Karina Sczcurek

Naomi Meyer, Liné Loff, Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2018-10-10

"Sometimes, you can say something in a letter that is impossible to voice otherwise."

Skadujagter: 'n onderhoud met Dihanna Taute

Naomi Meyer, Dihanna Taute Skrywersonderhoude 2018-10-10

"Ek probeer my werk lees uit die leser se perspektief."

Gert & Joey, nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

Naomi Meyer, Pieter van Zyl Skrywersonderhoude 2018-10-01

"En dis nou 30 jaar later. My magtag, is dit nie tyd om vir die ouers wat nog lewe antwoorde te gee nie?"

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Gustaf Pienaar Skrywersonderhoude 2018-10-01

"[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees."

Maak jy musiek? Schalk van der Merwe vertel hoe om te "plug in with a pro"

Naomi Meyer, Schalk D van der Merwe Musiek 2018-09-27

"Ek vergelyk dit altyd met gholf. Jy kry jou klub se 'resident pro' wie se taak dit is om te werk aan jou 'swing', by wyse van spreke. En dan eendag kom Tiger Woods ’n rondte speel by jou klub en jy kry die kans om saam met hom te stap, hom te observeer en met hom te gesels. Sulke ervarings is goud werd."

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse: ’n onderhoud met Herman Lategan

Naomi Meyer, Herman Lategan Skrywersonderhoude 2018-09-25

"Afrikaans het ’n groot skatkis van lieflike woorde. Dit is vir my opwindend. Mense? Wat is woorde sonder mense? En wat is mense sonder woorde? Net die groot swart niet. Die donkerte waarvoor ek so bang is."

Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Stefan Dixon Feeste 2018-09-20

"Die festival se organiseerders wil hierdie jaar try om die band tussen Vlaams, Nederlands en Afrikaans te versterk en ek dink ek is die enigste Suid-Afrikaanse musikant wat in België bly, aktief is in hulle musiekindustrie, die groter Vlaamse kunstenaars ken en hulle aan die organiseerders kan voorstel."

Lees en luister: ’n onderhoud met Alexa Strachan oor Aardklop 2018

Naomi Meyer, Alexa Strachan Onderhoude 2018-09-19

"Dit bly onmoontlik om almal 100% tevrede te hou, maar solank as wat mens in voeling bly met jou mark, en aan hulle terugvoer gee, al kan jy nie altyd aan versoeke voldoen nie, glo ek jy is op die regte pad. Potchefstromers se gasvryheid speel natuurlik ook ’n belangrike rol."

Klaas Delrue oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Klaas Delrue Feeste 2018-09-19

"Maar in 2013 was ik dus op reis in Zuid-Afrika en raakte ik ontzettend hard onder de indruk van de ongelooflijke rijkdom van het land, de veelzijdigheid, en ook wel de complexiteit natuurlijk. Het was de mooiste, meest indrukwekkende reis uit mijn leven."

Top