Johannes Comestor2013-05-03"Mettertyd word die nuwer tegnologie al hoe meer ingevolge eie potensiaal ontwikkel en hou die ouer tegnologie op om as model te dien."
Johannes Comestor2013-04-30"'n Mens kry die idee dat sy, as ervare skryfster, haar heelwat vryheid (en dus fiksie) veroorloof het, des te meer omdat die meeste mense waaroor sy skryf, dood is."
Johannes Comestor2013-04-11"Met verwysing na die oerknal noem Scruton tereg dat die veronderstelling dat daar 'n begin vir alles (dus ook tyd) was, omstrede is. Hy het dit ook teen die wetenskaplike standpunt dat alle gebeure, ook dié in die mens se gees, deterministies (dus onvry) is; ook dat alles toevallig gebeur."
Johannes Comestor2013-04-09"Scruton het dit teen die relativering en gelykmaking wat die modernisme en postmodernisme bepleit; die ontkenning van hiërargie."
Johannes Comestor2013-04-03"Kant wou sy plig, veral as geleerde, gedissiplineerd doen. Piëtistiese Lutherse geloof, waarvolgens ’n mens ag op jou gewete moet slaan, het ’n vormende rol in sy jeug en selfs later gespeel."
Johannes Comestor2013-03-27"Dit was nie dat hy op agtien die christelike godsdiens met feite of argumente kon verwerp nie. Dit was bloot dat glad te veel daarvan vir te lank aan hom opgedring is."
Johannes Comestor2013-03-25Gosse was 'n digter, literêre kritikus, skrywer van biografieë ... en ook 'n bibliotekaris, eers as assistent in die British Museum en later as hoof van die House of Lords Library.