Johannes Comestor

Skrywer op SêNet

Annelie Botes: Swart op Wit

Johannes Comestor 2013-07-19 Botes vertel grepe uit haar geskiedenis. Die teks handel dus oor baie meer as bloot die gewraakte onderhoud en wat daarop gevolg het.

Abraham Lincoln en slawerny

Johannes Comestor 2013-07-18 Ek haal haar teks volledig aan, nie net omdat dit my standpunt bevestig nie, maar ook omdat dit myns insiens 'n ewewigtige, feitelike en buitengewoon duidelike weergawe van die gebeure is.

Sara Davidson oor Joan Didion

Johannes Comestor 2013-07-16 Uiteraard hou 'n mens daarvan om reg bewys te word. In daardie opsig was dit goed om 'n boek oor Didion te lees: Sara Davidson (gebore in 1943) se Joan: Forty Years of Life, Loss and Friendship with Joan Didion.

Frances Osborne: The Bolter

Johannes Comestor 2013-07-09 Die outeur is die agterkleinkind van Idina. Haar belangstelling in haar oumagrootjie is geprikkel omdat niemand in haar familie graag oor Idina wou praat nie; daarvoor is haar lewe as te skandalig beskou.

Caroline de Margerie: American Lady

Johannes Comestor 2013-07-02 "Dit is vir my interessant om na te gaan hoe (mooi) vroue hulle in die openbare lewe geposisioneer het in die tyd voor feminisme resultate behaal het."

Valerie Grove: Laurie Lee

Johannes Comestor 2013-06-25 Grove het Lee in die laaste jare van sy lewe leer ken en sy en sy naasbestaandes se vertroue en samewerking vir die biografie gehad.

Stefan Zweig: The World of Yesterday

Johannes Comestor 2013-06-18 "In Suid-Afrika is Stefan Zweig (1881-1942) as skrywer en mens feitlik onbekend. Daar was 'n tyd toe sy skryfwerk so gewild was dat dit meer as die van enige ander outeur vertaal is"

Frances Thomas: Christina Rossetti

Johannes Comestor 2013-06-11 "Deurlopend is daar 'n oppervlakkigheid in wat aangebied word. Hierdie vlakheid veroorsaak dat Rossetti nie oortuigend as 'n eens lewende mens voorgestel word nie."

Laurie en Frits Gaum: Praat Verby Grense

Johannes Comestor 2013-06-04 "Die boek is eintlik 'n poging enersyds om aan Laurie die geleentheid te gee om sy leefwyse te regverdig en andersyds om Frits die kans te bied om groter begrip vir gays te wek."

Michael Ignatieff: Isaiah Berlin

Johannes Comestor 2013-05-27 Ignatieff is 'n oudstudent van Berlin en sy pa was 'n Rus; twee eienskappe wat hom gehelp het om 'n uitstekende teks te skep.

Leslie Mitchell: Maurice Bowra

Johannes Comestor 2013-05-21 "Bowra het lojaliteit en toewyding van sy dissipels verwag en dat hulle vry van aandagafleiers soos die huwelik moet wees."

Frank Ramsey, 'n verskietende ster

Johannes Comestor 2013-05-14 "Party mense leef lank en bring min of niks nie tot stand. Ten spyte van sy kort lewe, oefen Ramsey steeds positiewe invloed uit."

Richard Holloway: Leaving Alexandria

Johannes Comestor 2013-05-09 Volgens Holloway het daar 'n verskuiwing in die geskiedenis van die christelike geloof plaasgevind, "from poetry to packaging ... from a movement that tried to follow the example of Jesus to an institution that hardened round a particular interpretation of his meaning ... the shift is called the evolution from the Jesus of History to the Christ of Faith".

Richard Holloway: Looking in the Distance

Johannes Comestor 2013-05-08 "Anders as toe hy sy vorige boek gepubliseer het, is Holloway hier nie meer 'n kerklike ampsdraer nie. Soos verwag kon word, is hy nou selfs meer uitgesproke in sy kritiek op religie en kerk."

Richard Holloway: Godless Morality

Johannes Comestor 2013-05-07 "Wat in sy tekste opval, is Holloway se heldere denke, sy eerlikheid en sy duidelike, sobere skryfstyl."
Top