Johannes Comestor

Skrywer op SêNet

Ingrid Winterbach: Die Aanspraak van Lewende Wesens

Johannes Comestor 2013-10-22 My voorspelling is dat die bespreekte boek oor 'n eeu nie as 'n meesterstuk aanbeveel en gelees sal word nie.

Ben Shapiro: Brainwashed

Johannes Comestor 2013-10-15 Veralgemenend lyk dit egter asof universiteite inrigtings is wat hulle ideologies eerder links as regs van die samelewing waarin hulle funksioneer, posisioneer.

Helen Rappaport: A Magnificent Obsession

Johannes Comestor 2013-10-08 "In die koninklike huishouding was daar stilte, selfs nie musiek nie, en geen sosiale lewe nie. Skryfpapier moes 'n breë swart omranding hê."

Hilary Spurling: La Grande Thérèse

Johannes Comestor 2013-10-01 "Die les wat 'n mens uit Thérèse se lewensverhaal kan put, is seker dat misdaad nie loon nie."

Jack Flam: Matisse and Picasso

Johannes Comestor 2013-09-23 "Uit Flam se agtergrond as Matisse-navorser en -skrywer moet egter nie afgelei word dat hy eensydig kant vir Matisse in sy mededinging met Picasso gekies het nie."

Dominique Botha: Valsrivier

Johannes Comestor 2013-09-17 "Sy kan dit moeilik vind om so 'n kragtoer te herhaal; waarmee ek nie volmaaktheid aan die werk toedig nie. Maar dit is ongetwyfeld die moeite werd om die boek te lees."

Harvey Sachs: The Ninth

Johannes Comestor 2013-09-10 "Naas Sachs se belesenheid en deskundige insig is die grootste wins vir die leser moontlik die aandag wat die outeur op die eerste drie dele van die 9de Simfonie vestig."

Robert Cohen: Klopstock, or The Distant Sound

Johannes Comestor 2013-09-04 'n Onlangse byvoeging tot die Kafka-literatuur is Robert Cohen se Klopstock, or The Distant Sound. Die outeur kombineer sy kennis van Kafka met verbeelding. Die teks kan feitsie (feite + fiksie, "faction") genoem word.

Charles Higham: Dark Lady

Johannes Comestor 2013-08-26 Jennie het donker hare gehad maar die benaming "Dark Lady" is by uitstek as beeldspraak bedoel; soortgelyk aan "dark horse".

Keke Jughashvili: My Dear Son

Johannes Comestor 2013-08-15 Hierdie herinneringe is in die argief van die departement van binnelandse sake in Georgië opgespoor. Die teks is 'n transkripsie van wat Keke op 23, 25 en 27 Augustus 1935 in Georgiaans gedikteer het.

Juliet Barnes: The Ghosts of Happy Valley

Johannes Comestor 2013-08-08 Ek moes die boek dalk liewer nie gelees het nie, want dit het my te veel ontstel. Baie van wat daarin staan, is 'n spieëlbeeld van wat ons daagliks in ons jong demokrasie ervaar.

Alexandra Fuller: Falling: The Story of a Marriage

Johannes Comestor 2013-08-01 Fuller skryf ongetwyfeld uitstekende prosa. Daar is heelwat brutale opregtheid in die boek, al lyk dit asof sy soms oordramatiseer en die teks aandik om dit interessanter as die feite te maak.

Pierre de Vos braak gal teen Annelie Botes

Johannes Comestor 2013-07-29 Maar waarom so 'n bohaai opskop as haar verweer volgens hom "onsuksesvol" was? Dit is duidelik dat hy vir "die vrou" geen "respek" het nie.

Robert Paul Wolff: A Life in the Academy (Deel 2)

Johannes Comestor 2013-07-26 In watter mate leef Wolff die ideaal van nie-rassigheid, soos vervat in die ANC se Vryheidsmanifes, uit?

Robert Paul Wolff: A Life in the Academy (Deel 1)

Johannes Comestor 2013-07-25 'n Mens het hier met 'n outeur te make wat radikale, sogenaamde progressiewe, waardes aanhang.
Top