Johannes Comestor2014-03-31Waarna Roth klaarblyklik op soek was, is enersyds realistiese uitbeelding van die werklikheid en andersyds stof om sy beperkte verbeelding mee aan te vul.
Johannes Comestor2014-03-10"Bellow was weens sy ouderdom skynbaar glad nie meer in staat om bv dokumentêre navorsing te doen nie. Daarom het hy sy herinneringe eerder as 'n roman, wat ruimte vir fiksie laat, ingeklee."
Johannes Comestor2014-02-24Wat in Noord-Afrika gebeur, kan aan ander gemarginaliseerde of minderheidsgroepe 'n aanduiding gee van hoe te werk gegaan moet word, of wat vermy moet word, op die pad na (groter) selfbeskikking en identiteitserkenning.
Johannes Comestor2014-02-10"Toe eksistensialisme in die jare vyftig hoog in die mode was, het Camus se denke aansluiting daarby gevind. Literêre elegansie bring mee dat dit maklik is om sy geskrifte te lees"
Johannes Comestor2014-02-04Daar is rede om bekommerd oor die gehalte van skool- en naskoolse onderrig in die nuwe Suid-Afrika te wees. Die akademiese standaarde is dermate aan die daal dat 'n leerling dalk eersdaags 'n A-simbool sal kry deur bloot vir die eksamen op te daag; en hy sal nie benadeel mag word deur van hom te vereis dat hy betyds moet wees nie.
Johannes Comestor2014-01-27Wat die outeur duidelik maak, is dat die werk op 'n plaas veelvuldige vorms aanneem en sowel kundigheid as liggaamlike inspanning verg.
Johannes Comestor2014-01-20'n Mens kan ook sê Wharton was soos die maan wat lig van die son weerkaats het. Henry James was daardie son; hierna James genoem. Ek skryf hier veral oor hom.
Johannes Comestor2014-01-13Uit die voorafgaande blyk dat daar veral twee temas in die boek is. Enersyds gaan dit om polities korrekte politiek. In dié proses is die neiging om nie-wittes voorbeeldig voor te stel en wittes te diskrediteer. Andersyds word seks te berde gebring op maniere wat ooreenstem met wat tans in die mode is.
Johannes Comestor2014-01-06Daar is 'n manier om beter deur latere geslagte onthou te word, naamlik deur iets te doen, hetsy positief of negatief, wat 'n spoor nalaat.