Edmund Gosse (1849-1928) het talentvolle ouers gehad. Sy ma, Emily Bowes (1806-1857), was 'n skilder en illustreerder en het godsdienstige gedigte en traktate geskryf. Sy pa, Philip Henry (1810-1888), was 'n natuur- en spesifiek 'n dierkundige wat sonder formele onderrig uitstekende veldwerk gedoen en talle wetenskaplike publikasies, geïllustreer deur hom en sy vrou, die lig laat sien het. In 1856 is hy as 'n genoot van die Royal Society verkies.
In die literatuur oor Henry James (1843-1916) is daar talle verwysings na twee van hierdie skrywer se beste vriende, die beeldhouer Hamo Thornycroft (1850-1925) en Edmund Gosse. Die hofuitspraak in 1895 teen Oscar Wilde (1854-1900) het groot konsternasie in hulle geledere veroorsaak. Soos sy pa, het Edmund Gosse geen formele kwalifikasies verwerf nie, maar sy kennis is dermate gereken dat hy van 1884 tot 1890 'n dosent in Engelse letterkunde aan Trinity College, Cambridge, was. Aanvanklik was daar kritiek op onakkuraathede in sy geskrifte. Hy het egter baie gedoen om bv Skandinawiese letterkunde, veral Hendrik Ibsen se werk, aan die Britse publiek bekend te stel. Deur selfstudie het hy hom ook taal- en letterkundig goed in Grieks, Latyn en Frans toegerus.
Some Diversions of a Man of Letters (1919) is 'n bundel opstelle deur Edmund Gosse in sy hoedanigheid as literêre kritikus. Die hoofstukke is op lesings gebaseer wat hy voor bv uitgelese gehore of lesergroepe gelewer het. In die inleiding verwys hy na hoe smaak in literêre sake verander. In elke tydvak is daar meningsverskille hieroor. "Is there, then, no such thing as a permanent element of poetic beauty?" (Kindle 47). Is daar dan geen "canons of taste" nie? (K 62). Dalk is daar "no permanent element in poetic excellence ... no fixed norm" (K 137). Telkens gaan dit dus by Gosse eerder om poësie as ander literêre vorme. "The history of letters is full of ... grotesque limitations of taste, in the presence of great art which has not yet been 'classed'" (K 126).
"There is no such thing as a principle of taste, but only a variation of fashion" (K 141). "Human nature does not change, but it changes its modes of expression" (K 1144). Maar is daar werklik "no standard ... no fixed rule of taste ... or general tendency to agreement in particular cases?" (K 145). Dan besluit hy: "Art is no better at one age than at another, but only different ... it is subject to modification, but certainly not to development" (K 149). Dit is deesdae steeds 'n bekende standpunt in die humaniora, dat daar voortgang is, maar nie vooruitgang ('n nader beweeg aan bv die waarheid of werklikheid) soos in die natuurwetenskappe nie.
Die essays in die bundel handel oor skrywers in die Engelse letterkunde wat weens "the changes of fortune and the instability of taste" (K 153) gely het. Die eerste een handel oor Walter Raleigh (1552-1618), "that breezy 'man of desperate fortunes'" (K 222) wat in die westelike halfrond skatte soos goud en diamante en El Dorado gesoek het. Al was Raleigh in sekere kringe ongewild, het hierdie "Shepherd of the Ocean" (K 271) 'n belangrike rol in Engeland se stryd teen Spanje gespeel: "raising a grove of laurels out of the sea" (K 279). In 1585 het hy die eerste Britse nedersetting in Amerika te Roanoke, Virginia, gestig. Raleigh het egter anders as die latere "founding fathers" gedink: "The common people are evil judges of honest things" (K 319).
Gosse se voorkeur vir poësie blyk bv uit die hoofstuk oor William Shakespeare (1564-1616). Hy skryf nie oor die algemeen oor Shakespeare nie, maar spesifiek oor wat hy sy "dramatic songs" noem (K 330). "The whole of Twelfth Night is burdened with melody; behind every garden-door a lute is tinkling, and at each change of scene some unseen hand is overheard touching a harp-string" (K 349).
Catharine Trotter, later Cockburn (1679-1747), het om geld in "prosy blank verse" (K 508) vyf tragiese toneelstukke, "aimed at reconciling the stage with virtue" (K 503), geskryf, asook wysgerige en teologiese werke. Na haar troue in 1708 het sy egter spoedig van die openbare toneel verdwyn en haar lewe in armoede geslyt. (Feministe het in die 20ste eeu probeer om haar reputasie te herstel.)
In die essay oor twee pioniers van die romantiek, Joseph (1722-1800) en Thomas Warton (1728-1790), skryf Gosse: "The product of literature grow or decay, burgeon or wither, as the generations of men apply their ever-varying organs of perception to them" (K 705). Die Wartons se vader was professor in poësie aan die Universiteit Oxford. Hulle wou met karige talent vernuwing in die Engelse poësie na die voorbeeld van die Europese romantiek bring. "We must cultivate a little of that catholicity of heart which perceives technical merit wherever it has been recognised" (K 721). Dit was nie die vorm nie, maar die inhoud van poësie wat hulle wou verander deur uitdrukking aan die gevoelens van die indiwidu te gee. Hiervoor het hulle instink en intuïsie gebruik. "To have perceived the bankruptcy of the didactic poem is Joseph Warton's most remarkable innovation" (K 815). Joseph Ritson (1752-1803), "who had the virulence of a hornet and the same insect's inability to produce honey of his own, was considered ... to have 'puched Tom Warton's historick body full of deadly holes'" (K 1028). Albei Wartons was met Samuel Johnson (1709-1784) bevriend. Selfs Johnson het onder Ritson se kritiek deurgeloop.
Laurence Sterne (1713-1768), wat 'n prediker was voordat hy hom as 46-jarige tot skryfwerk, insluitende plagiaat, gewend het, verwys na sy liggaam as daardie "cadaverous bale of goods" (K 1094). Gosse: "Sympathy is the breath of his nostrils, and he cannot exist except in a tender, merry relation with his readers" (K 1086). Na Tristram Shandy (1759-1767) het Walter Bagehot (1826-1877) verwys as: "A sort of antediluvian fun, in which uncouth saurian jokes play idly in an unintelligible world" (K 1106). Gosse kom tot die gevolgtrekking: "Sterne is the most impish of all imaginative writers" (K 1133).
In die hoofstuk oor Edgar Allan Poe (1809-1849) word gesê "the poetic faculty" bring voort "a sense of dreamy, wild, indefinite, and ... indefinable delight" (K 1241). Reeds as 14-jarige het Poe die liriek "To Helen" geskryf, "steeped in the peculiar purity, richness and vagueness which were to characterise his mature poems" (K 1253). "He cultivated the indefinite, but, happily for us, in language so definite and pure that when he succeeds it is with cool fulness, an absence of all fretting and hissing sound, such as can rarely be paralleled in English literature" (K 1265). Poe word geskryf as "one of the most uniformly melodious of all those who have used the English language" (K 1282). "He endeavoured to clothe unfathomable thoughts and shadowy images in melody that was like the wind wandering over the strings of an æolian harp" (K 1310).
Edward Bulwer-Lytton (1803-1873) "combined extraordinary qualities with fatal defects" (K 1313), maar dit het nie afbreuk aan sy gewildheid gedoen nie. "Everything he wrote sold as though it were bread displayed to a hungry crowd. Even his poetry, so laboriously and lifelessly second-hand, always sold" (K 1470).
Gosse het 'n voordrag in Dewsbury gelewer waar die Brontës eens gewoon het en wat deur Charlotte (1816-1855) "a poisoned place" genoem is (K 1612). Daarvoor moet Gosse se gehoor haar nie verkwalik nie, want "figures in literature are notable and valuable to us for what they give us" (K 1623). "All her [Charlotte's] career was a revolt against isolation, against irresistible natural forces, such as climate and ill-health and physical insignificance ... Her hatred of what was commonplace and narrow and obvious flung her against a wall of prejudice, which she could not break down ... Hence, to the very last, she seems, more than any other figure in our literature, to be forever ruffled in temper, for ever angry and wounded and indignant, rejecting consolation, crouched like a sick animal in the cavern of her own quenchless pride" (K 1643). Oor die publikasie van haar eerste digbundel het Charlotte gesê: "The mere effort to succeed gave a wonderful zest to existence" (K 1651). Gosse: "Every great writer has a new note; hers was - defiance" (K 1659). "It was life itself, in its general mundane arrangements, which was intolerable to her ... She was born to resist being caged" (K 1667).
Benjamin Disraeli (1804-1881) word slegs as literator geëvalueer en nie as politikus nie. Sy eerste "three novels and a biography are curiously like one another in form, and all equally make a claim to be considered not mere works of entertainment, but serious contributions to political philosophy" (K 1869). Later: "Unquestionably the greatest of his literary works - the superb ironic romance of Lothair"(1870)."What marks the whole of Disraeli's writings more than any other quality is the buoyant and radiant temperament of their author" (K 2013).
In sy poging om 'n portret van Dorothy Nevill (1826-1913) met woorde te skilder, skryf Gosse sy "was like a household blaze upon a rainy day, one stretched out one's hands to be warmed" (K 2101). "Her arrows, though they were feathered, were not poisoned" (K 2168). Pleks van "the House of Lords" "she always wrote it 'the Lord's House,' as though it were a conventicle" (K 2195).
Gosse se tweede woordportret handel oor lord Cromer, Evelyn Baring (1841-1917). Eers na sy aftrede uit die koloniale diens in 1907, as Britse konsul-generaal in Egipte, kon hy sy aandag aan intellektuele en literêre sake wy. "If the Lords' Library contains to-day one of the most complete collections of Latin and Greek literature in the country, this is largely due to the zeal of Lord Cromer" (K 2321). "It was the modernness of the Alexandrian authors, and perhaps their Egyptian flavour, which had justly attracted him" (K 2528).
Die derde woordportret handel oor lord Redesdale, Algernon Bertram Freeman-Mitford (1837-1916). "His nature swarmed with life, like a drop of pond-water under a microscope" (K 2559). Net soos ek, het Redesdale Nietzsche onbevredigend ervaar: "Here and there I find gems of thought, but one has to wade through a morass of blue mud to get at them" (K 2594). Gosse skryf oor die bejaarde Redesdale: "The terror which possessed him was precisely the dread of having to withdraw from the stage of life" (K 2614). "He now demanded almost pathetically to be fed with the apples of correspondence" (K 2656).
Soos by Shakespeare, skryf Gosse oor 'n spesifieke poëtiese aspek van Thomas Hardy (1840-1928) se werk, naamlik sy liriese poësie. "If he had never published a page of prose he would deserve to rank high among the writers of his country on the score of the eight volumes of his verse" (K 2732). "Hardy is not only a very ingenious, but a very correct and admirable metricist" (K 2893). "Swinburne, it is true, tended to accentuate the poetic side of poetry, while Mr Hardy drew verse, in some verbal respects, nearer to prose" (K 2756). "The ruinous passage of years ... continued to be an obsession with Mr Hardy" (K 2767); "'the viols of the dead' in the moonlit churchyard" (K 2844). Later: "The wells of human hope have been poisoned for him by some condition of which we know nothing, and even the picturesque features of Dorsetshire landscape, that have always before dispersed his melancholy, fail to win his attention" (K 2856).
Gosse het die verskrikking van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) deurleef en 'n pragtige essay oor "Some soldier poets", bv Rupert Brooke (1887-1915) en Julian Grenfell (1888-1915), geskryf. Dit was nie net soldate wat gedig het nie, maar ook bekommerde lojaliste tuis. "A flood of verse ... was poured forth over Great Britain during the first three years of the war. Those years saw the publication, as I am credibly informed, of more than five hundred volumes of new and original poetry" (K 3129). "A very little of it, has been of permanent value" (K 3133). Te veel gedigte, "which broke no bones and took no trenches" (K 3133), het die Duitsers bloot sleggesê. Dit was "poetry on a small scale. The two greatest of the primal species of verse, the Epic and the Ode, were entirely neglected" (K 3149). Die uitsondering was Maurice Baring (1874-1945) se ode, "In memoriam: AH". By hierdie oorlogsdigters is indiwidualiteit grootliks afwesig en daar is "almost a universal tendency to throw off the shackles of poetic form" (K 3156). Dit was 'n geval van "prose cut up into lengths" (K 3160); "a mass of standardised poetry made to pattern, loosely versified" (K 3435). By Wyndham Tennant (1897-1916) "the metrical hammer does not always tap the centre of the nail's head" (K 3297). Siegfried Sassoon (1886-1967) herinner Gosse aan Horatius (65-8 vC): "When he writ on vulgar subjects, yet writ not vulgarly" (K 3416).
Hierna spreek Gosse 'n ambisieuse onderwerp aan: "The future of English poetry". Hy gee 'n blik vooruit oor die volgende honderd jaar. Eerstens dink hy poësie in Engels sal voortgaan, anders as in bv die Skandinawiese lande, waar dit glo 'n tyd lank opgeskort is. Poësie sal "a right good thing" (K 3464) wees slegs waar prosa nie die geskikte uitdrukkingsmedium is nie. "The natural uses of English and the obvious forms of our speech will be driven from our national poetry" (K 3496). Wat in poësie noodsaaklik is, is "freshness of expression. Every school of verse is a rising and a breaking wave. It rises, because its leaders have become capable of new forms of attractive expression; its crest is some writer, or several writers, of genius, who combine skill and fire and luck at a moment of extreme opportuneness; and then the wave breaks, because later writers cannot support the ecstacy, and merely repeat formulas which have lost their attractiveness" (K 3480). Naas "the need for novelty" is "an ever-increasing symbolic subtlety of expression" nodig (K 3531). Gosse begeer "stateliness ... elevation of style ... dignity" wat "foreign to democracies" is (K 3554). Daar is te veel "pomposity relieved by flatness" (K 3558). "The requisite dignity ... made it a vehicle for the vital and the noble sentiment of humanity" (K 3562). "Poetry must be full of human life" (K 3696). Poësie is vir Gosse letterkunde in sy suiwerste vorm (K 3606).
In die laaste essay skryf Gosse oor die victoriaanse era (veral 1840-1890) en spesifiek oor hoe oneerbiedig Lytton Strachey (1880-1932) dit in sy boek, Eminent Victorians (1918), voorgestel het.
In hierdie en my vorige skrywe (SêNet, 25 deser) het ek 'n aanduiding van Gosse se skryfwerk gegee. Volgende keer skryf ek oor sy bekendste en dalk interessantste boek.
Johannes Comestor


Kommentaar
Dit is hierdie stelling wat as verteenwoordigend van die inleidende skrywe beskou kan word en op uitgebrei wil word:
There is no such thing as a principle of taste, but only a variation of fashion" (K 141). "Human nature does not change, but it changes its modes of expression" (K 1144). Maar is daar werklik "no standard ... no fixed rule of taste ... or general tendency to agreement in particular cases?" (K 145). Dan besluit hy: "Art is no better at one age than at another, but only different ... it is subject to modification, but certainly not to development" (K 149).
Bogenoemde is nie 'n argument wat gou tot 'n end gaan kom nie alhoewel daar veel minder van dit gesien word in die literêre tydskrifte wat ek volg indien my aanname korrek is.
Daar is egter die volgende boek wat in oorweging gebring kan word: 'Pleasure and Change. The Aesthetics of Canon' deur Frank Kermode, met kommentaar van Geoffrey Hartman, John Guillory en Carey Perloff, onder die redakteurskap van Robert Alter, gepubliseer in 2004 deur Oxford University Press en is gebaseer op die uitstekende Tanner lesings waarna al verwys is hier in die konteks van ander onderwerpe bespreek.
Robert Alter open die bespreking deur uit te lig dat die debat oor die kanon werklik driftig begin word het in die laat 1990's.
Dit sou grootliks toeskryfbaar gemaak kon word aan die politieke motiewe in die akademia.
Hierdie word met 'n passie deur Harold Bloom ook verafsku en wys Kermode, Hartman & Guillory hierdie tendens duidelik uit.
Die wat die politiek in kanon vorming ingebring het beweer gereeld dat die kanon toegeskryf kan word aan 'collusion with the discourses of power'.
Die kanon moet dus gesien word as verdag en dat dit moontlik is om die kanon te gebruik om skrywers uit te sluit op grond van ideologiese gronde.
Hierdie word deur Kermode verwerp en so ook deur John Guillory en Carey Perloff alhoewel Alter aandui dat Hartman tog ruimte skep vir die moontlikheid.
Kermode grootliks ignoreer die debat en fokus op die terme, 'pleasure', 'change', & 'chance'.
Alter bevestig dat 'pleasure' & 'change' word deur die deelnemers aangespreek, maar minder so, die vraagstuk wat handel oor 'chance' en brei in die inleiding uit op die vraag van 'chance'.
Soos bekend hier, is Alter die vertaler van 'n versameling Bybel boeke en 'n kenner en wend hom tot die psalms om sy argumente te verwoord.
Die vraag is, is die 150 psalms soos dit nou daarna uitsien, die produk van die beste van wat geskryf was of was dit werklik slegs geluk wat die tekste bewaar het.
Alter in sy bespreking bring dus nie die vraag van plesier en verandering asook politiek nie, maar herinner die leser daaraan dat geluk n rol speel en 'n rol waarvoor die beskawing moet dankbaar wees.
Die deelnemers is dit grootliks eens dat verandering nie werklik 'n debateerbare punt is nie, aangesien dit nou aanvaar word dat kulturele tydperke verander en dat dit die kanon sal verander.
Dit moet egter in konteks gelees word van die idee dat daar is 'n tipe van ewigheidswaarde, 'n tydloosheid en word Matthew Arnold as voorbeeld van sulke denke uitgelig wat die maatstaf van kwaliteit anker in Homer, Dante, Shakespeare.
Leavis maak ook 'n vertoning en word sy eie herskepping van die kanon uitgelig en so ook Cleanth Brooks wat funksioneer het op die veronderstelling dat hul voorgangers dit heeltemal verkeerd gehad het en dat die nuut geformuleerde kanon nou aanvaar sal word as die korrekte kanon.
Verandering in die kanon word dus Kermode aanvaar maar nie in die terme soos hier bo uitgelig nie en soos alreeds gesien word dit verwerp deur Kermode.
Guillory voer egter aan dat dit nie is wat Kermode se argument is nie en wil Kermode juis 'n tydloosheid aan die kanon toeken.
Alter bevraagteken dit soos volg:
'Kermode devotes his second lecture to adress T.S. Eliot and the force of change, the quirky and distorting individual sensibility that colored Eliot's readings'.
Plesier is dan die aspek wat oorbly en is 'n uiterse moeilike term om vas te pen.
Kermode poog om so te doen en fokus op episodes in die geskiedenis van letterkunde en sluit af met 'n aanhaling uit Wordsworth se werke en is Kermode se formulering nie so duidelik soos dit kon wees nie.
Verbasend, indien Alter korrek is, aangesien Kermode se woordkeuses akkuraat is soos dit vir hierdie leek nie moontlik is nie.
Guillory beroep hom tot 'n demokratiese stem oor wat plesier behels en argumenteer teen wat genoem word, 'higher pleasure', wat Kermode sou veronderstel volgens hierdie argumente.
Dit word vermoed dat Kermode nog steeds wil terugkeer na die tydperk wat deur 'n Arnold voorgestel word.
Die letterkunde as 'n plaasvervanger vir die godsdienstige tekste.
Alter is duidelik dat dit nie Kermode se stelling self is nie, maar slegs voorkom in die aanhaling geneem uit Wordsworth se werke.
Kermode verwys wel na die plesier wat duidelike kwaliteit werke bring en is dit waarop gefokus moet word wanneer die aspek van plesier in oorweging gebring word.
Guillory beaam dit ook en koppel dit ook nie aan die konsep van 'n hiërargie nie en erken die verskil in plesier wat gebied word soos gebaseer op die kwaliteit van werke onder hande.
Soos gesien, dit bly moeilik om dit vas te pen.
Kermode haal Jan Mukarovsky soos volg aan:
'Part of the pleasure and the value its presence indicates and measures is likely to lie in the power of the object to transgress, depart, interestingly and revealingly from the accepted ways of suchs artifacts'.
Bogenoemde is 'n duidelike en aanvaarbare manier om die skepping van die kanon te verwoord.
Die wisselwerking oor kulture heen, historiese tydperke word ook deur Kermode bevestig:
'Each member of the canon exists only in the company of others, one member qualifies or nourishes another'.
Perloff beaam en herinner dat dit die skrywers is wat hul voorgangers oproep, red van vergetelheid en transformeer, laat voortbestaan en aanpas en nie die kritici met hul lyste van goedgekeurde werke nie
Nog steeds is die slotsom nie duidelik in sig en bly die idee van plesier moeilik om te formuleer.
Hartman se inset, is om bekommerd te wees met die assosiasie van plesier met die kanon en kom met die beeld vorendag dat die poging om plesier te definieer is 'to glide over the abyss', maar poog tog om aansluiting te vind Kermode se bespreking van 'jouissance', geneem van Roland Barthes, 'n reaksie so intens dat identiteit in die leser tot niet maak en slegs met die werk identifiseer word.
Alter, waarsku dat die Franse teoriste was nog altyd oordadig en moet die stelling versigtig opgeneem word.
Kermode neem nie die argument van Barhes volkome aanboord nie en doen so gekwalifiseerd:
'He proposes a conjunction of happiness and dismay as the distinctive character of the pleasure of reading a canonical text. This is part and parcel of the 'philosophical character of canonical lecture on the assumption that any philosophical refelction on the human condition is bound in some way to recognize ineluctable loss, dissolution and the painfull disjunction between human aspirations and the arbitrary circumstances of existence'.
Dit word aanvaar dat dit beide verteenwoordigend is van die mens se bestaan en dan so die letterkunde wat daardie bestaan opskryf, hierdie word deur Hartman die 'sublime' genoem.
'n Bekende term.
Maar nie alle werke is verteenwoordigend van die 'sublime'.
Die 'sublime', sluit twee ander tipes werke uit, die werke wat die werking van sosiale instellings bespreek, asook die tipe karakter met die karakters se tekortkominge asook die opheffende eienskappe en die wisselwerking tussen mens en instellings.
Die waarneming en bespreking daarvan is dan waardevol en kan standhoudend oor tyd waardevol bly asook die morele vraagstukke waarmee die karakter moet worstel.
Die tweede tipe is komedie. Hierdie gaan nie nou in detail bespreek word nie.
Wat wel van belang is dat die idee van die skepping van die kanon deur die akademie in konflik kan wees wat buite die akademie gebeur en dit moet met omsigtigheid behandel word.
Daar is nog baie om te put uit die boek, maar hier word volstaan vir eers.
Die hoop is dat ondersteunend is van wat letterkunde standhoudend maak en laat oorleef en die aspekte wat 'n rol het daarin.
Baie dankie
Wouter.
Crowds and Power
By Geoffrey Hill b. 1932
1
Cloven, we are incorporate, our wounds simple but mysterious.
We have some wherewithal to bide our time on earth.
Endurance is fantastic; ambulances battling at intersections, the city intolerably en fête.
My reflexes are words themselves rather than standard flexures of civil power.
In all of this Cassiopeia's a blessing as is steady Orion beloved of poets.
Quotidian natures ours for the time being I do not know how we should be absolved or what is fate.
2
Fame is not fastidious about the lips which spread it. So long as there are mouths to reiterate the one name it does not matter whose they are.
The fact that to the seeker after fame they are indistinguishable from each other and are all counted as equal shows that this passion has its origin in the experience of crowd manipulation.
Names collect their own crowds. They are greedy, live their own separate lives, hardly at all connected with the real natures of the men who bear them.
3
But hear this: that which is difficult preserves democracy; you pay respect to the intelligence of the citizen.
Basics are not condescension.
Some tyrants make great patrons. Let us observe this and pass on. Certain directives parody at your own risk.
Tread lightly with personal dignity and public image.
Safeguard the image of the common man.
(Poem listed on Poetry Foundation website - rights and authorship of Geoffrey Hill acknowledged)