Jacobus Faasen


lingua africanis

Jacobus Faasen 2013-10-29 hyg’nd hert, dorre g’gorr’l v’n Ned’rduijtsch,
inkomm’rseffek, byna vier eeue, ultra-kitsch,
staat “setlaars-ilwimi”, “Boer-taal”, nu dan só,
v’r dié, wie, eksklusief, in eksklusiwiteit bly glo

volmooi vol-in-lyf

Jacobus Faasen 2013-10-28 “isiBhulu”, allie ann’r p’joratiewe in Afrikaans,
s’l voor g’regt’gheid knieg moet buig, erken,
versus r’spek, imbekho, k’n mos niemand wen,
sjee sjelfs sjatanis sy, haar, opp’rheer g’n kans

nie nu al

Jacobus Faasen 2013-10-28 Mens, duid’l’k, kristalglashell’r, oop-’n-bloot,
Self span saam, m’t boodskapp’r vannie dood,
eie, Self, God S’n ook, kla’ reg oppie off’raltaar,
“Duiw’lspiek”, v’rhef, hoog bo suid’rstadskaar

struktuurg’weldsgreep

Jacobus Faasen 2013-10-24 elk Afrika-taal v’rvul wet’nskapl’k ’n brugbou-rol,
lat Mens onn’rrigmedia pedagogies sou b’skou,
t’obs’rveer, wáár wát innie opvoed-opset lol,
hoe Mens opregtheid v’n legitimiteit reg hou

die deng es dié

Jacobus Faasen 2013-10-24 kapzêla, Mandela, aysh, Vlakte-Kaaps,
dêng es die, sorry virrie g’sels, horie,
t’veel’s v’r minn’rheid, t’min virrie res,
kô’s b’vry “ilwimi” yt’r apartheidsarres

symste illusie

Jacobus Faasen 2013-10-22 Prof ‘Kanna’ tot kok’rboomridd’r g’slaat,
Afrifor’mstryd’r, kleurblind, neff’ns sý sy,
mediamagnaat, in absentia, kollig t’v’rmy,
deur dié drie se droomdae ’n dik taaldraad

pseudo-kwasi-etici

Jacobus Faasen 2013-10-21 al v’r eeue, lat Mens so re G’wete-herwinn’ng huiw’r,
Self-g’objektiveerd, kragt’loos, in stormwind warr’l,
Millennium Drie Krisis lat Mens angsb’vang’ skarr’l,
selfs Self Self v’n g’wet’nloosheid t’probeer suiw’r

Machiavelli-b’leid

Jacobus Faasen 2013-10-18 afstaml’ng v’n GRA, Raadslid, min g’pla,
mettie status, def’nisie, aantal sprek’rs,

etno-etiket-sosiolek

Jacobus Faasen 2013-10-17 op sleeptou g’neem, etno-etiket-taal, via Monument, Museum,
Orania-weergawe v’n Afrikaans-herkoms, g’dorie, sup’rliegstorie,

phallus innie verte

Jacobus Faasen 2013-10-15 b’sonn’rs rykl’k g’seënd, ryp-’n-vol,
speel Afrika-taal, offisieel, haar rol,
niks argaïes, outyds, re moed’rtaal,
vele gene v’rsmelt in’r onstaansv’rhaal

diagnostici-illusie

Jacobus Faasen 2013-10-14 tegnologie, skiel’k vér v’rby spiritualiteit,
als wat ortodoks was, krities b’vraagtek’n,
poog Mens Skepp’ng buite geheel t’v’rreken,
pro-retrogressief, v’ral ná val v’n apartheid

“isiBhulu” se pyn

Jacobus Faasen 2013-10-11 miskien v’rstaanbaar, “isiBhulu”-moed’rtaal,
v’ral dié, lattie v’rsoen’ng, g’regt’gheid, faal,
k’n Mens g’skied’nis nie somm’r kwytskeld,
superioriteit, “Baas”-skap, struktuurg’weld

zero sin

Jacobus Faasen 2013-10-10 skuld’g, aan ’n misdaad versus staat,
Mens Mens nie op “ras”-idee v’rlaat,
nie verd’r in kat’gorie ing’boks wil syn,
t’lank g’loep middie “ras”-, “klas”-pyn

op agenda

Jacobus Faasen 2013-10-10 sov’l afg’vaard’g, sov’lste sitt’ng, vannie Sinode,
g’low’ge vra nie arme w’t skort, hoev’l vis, brode,
voorwaar, dinkskrum, koppestamp, sed’g byeen,
armes toenem’nd wonga by oophand-rykes leen

sy kan pypkan

Jacobus Faasen 2013-10-08 vloei’nd, voortstrom’nd, v’rsoen’nd, inklusief,
g’n taal v’r ew’g opg’saal mette vuil pejoratief,
voorheen-v’rpejorativeerde khuluma ’ie taal,
onv’rtroud m’t’r g’skied’nis, Kaaps se v’rhaal
Top