sy kan pypkan

  • 0

vloei’nd, voortstrom’nd, v’rsoen’nd, inklusief,
g’n taal v’r ew’g opg’saal mette vuil pejoratief,
voorheen-v’rpejorativeerde khuluma ’ie taal,
onv’rtroud m’t’r g’skied’nis, Kaaps se v’rhaal

idioom bly nie agt’r, hou tred m’t moderniteit,
als w’t outyds klink, nie noodwenn’g retro-zef,
sou sprek’r’t sosio-histories, herwinn’nd b’sef,
net “isiBhulu”-gryswat’r in afleivoor wegsmyt

grootste leuen, linguïsties: taalteorie, fiksasie,
v’rbandlegg’ng b’twiekst ilwimi, “Boere”-nasie,
taallei’r, aktivis, stryd’r, hele boed’l inne fieks,
polities onv’rtroud m’t post-apartheidstrieks

kanti, moed’rtaal, Moed’r s’n, ’s altyd g’trou,
wann’r nod’g, s’l sy langafstandsbrûe bou

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top