die deng es dié

  • 0

kapzêla, Mandela, aysh, Vlakte-Kaaps,
dêng es die, sorry virrie g’sels, horie,
t’veel’s v’r minn’rheid, t’min virrie res,
kô’s b’vry “ilwimi” yt’r apartheidsarres

voorheen-b’voorregte se magsmedium, “isiBhulu”,
binne Afrikaans g’meenskap, ’n probleem, kakhulu,
eksklusief opg’skeep mette Museum, Monument,
staal-en-beton-ereksie, bo-op Paarlberg, pen-orent

s’l Afrikaanse, t’r wille v’n Moed’r, moet b’sin,
haar g’leentheid gun, v’r op’nl’k bieg, vry b’ly,
waarheid virrie g’nes’ng v’n g’regt’gheid t’ruil

êr’ns s’l emansipasie v’n moed’rtaal moet b’gin,
b’voorregte v’n superioriteitsindroom moet skei,
tyd’s v’rby, v’n agt’r onkund’-ontkenn’ng t’w’l skuil

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top