“isiBhulu” se pyn

  • 0

miskien v’rstaanbaar, “isiBhulu”-moed’rtaal,
v’ral dié, lattie v’rsoen’ng, g’regt’gheid, faal,
k’n Mens g’skied’nis nie somm’r kwytskeld,
superioriteit, “Baas”-skap, struktuurg’weld

hoor Mens “isiBhulu” kwaLanga, Bo-Kaap, innie Ses,
aysh, slampamp’rstorie, slav’n warrie kind sou soog,
sou rassis mos nimm’r, t’r Kaap, onheil’gheid g’doog,
superioriteit, g’fundeerd “Boer”-plan, v’rhewe, bó res

s’l heg’monie miskien sien, sonn’r harmonie,
s’l Mens vasg’nael hang, aan Self-d’struksie,
onkund’-ontkenn’ngskunde nu ’n wet’nskap,
Mens Mens Self, ja, eie denksisteem, v’rtrap

kanti, dié “isiBhulu”, ’t s’l nessie mis v’rdwyn,
Moed’r Taal, Self b’vry, ytie lyd’ng, ytie pyn

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top