Pad Jena toe
2013-09-19 oorlog, onn’rdrukk’ng, eksploitasie, Naaste-d’gradeer,t’dikw’ls moet Naaste Mens se haat-’n-nyd ontbeer,
Humaniteit, in Haar totaliteit, aan g’weld ontbloot,
ann’rsdenk’nde, dissident, as ong’wenste uitg’stoot
skietg’bed
2013-09-18 “g’regt’gheid” nu skynb’r vannie baan,ubuNtu nie meer selle Afrika-kwaliteit,
soos’t was, daai tyd, pre-v’rdeeldheid,
skeid’ng’t bai’ verr’r’s terr’toriaal g’gaan
Boeta Siss’l (Cecil John Rhodes)
2013-09-16 waarso innie woud lê daai lekke hoop goud,Mens b’soek, fynkam u grond, Rhodes Estate,
marrie skat, iew’ste v’rborge, dissie waarheid,
’t Boeta al skepp’nd jonk g’bly, al was u oud
neo-Ned’rduijtsch
2013-09-13 spaar Mens tuin v’n pseudo-poëtast’ry,“neo-Nereduus”, glattie naast’nby vry,
Kontinent se heel jongst’ wins, kreool,
in alle -ismes onn’rleg, p’rfek g’skool
wat maak Mens?
2013-09-12 Waarheid, Veritas, maak altyd lekke seer, seerd’r’s seer,t’veel vannie meerd’rheid moet meest’l meest’ ontbeer,
ong’ew’naard
2013-09-12 in “Duiw’lspiek”-dissip’lskas skiet een moersk’ kraak,sien nu, duidl’k, pr’sies, waar, plus hoe, stanie saak,
wat’t Self-d’struksie, “Duiw’lspiek” m’t m’kaa t’maak,
hoe struktuurg’weld ’n Mens, Naaste, se sak(e) raak
’s nag
2013-09-10 wêrldlei’r rolmodelloos, sup’r-ultra-bombasties,blitzkrieg-b’donn’rd, asof lugaanval ooit veil’g is,
v’r vrou, kind, dier, natuur, familie, van “terroris”,
dink kapitalis eenrigtingl’k, Gini-koëffisiëntisties
Afrolingua
2013-09-09 aysh, ultra-Orwelliaans, Trantaliaans, neo-Afrikaans,Vlakte-medium, hooftaal, agt’r tralies, in ied’r tronk,
nu gru, tot post-demokraties pejoratief v’rreduseer,
sprek’r aanslag vannie kop-in-een-mus-spul ontbeer
soos ’n zombie
2013-09-06 soms val Mens deur-’n-al huis binne,min g’pla m’t Sirië se vlugt’lngg’sinne,
als watte brutaliteit aan ’n ann’r doen,
moord’naar noggie m’t uxolo v’rsoen
(olie-)oorlogsideologie
2013-09-06 afsloof virre oorlogsideologie, ultra-g’wet’nloos,Self submissiveer aan “Duiw’lspiek”, skaamt’loos,
Millennium Drie Mens inne bra b’hoorl’k kadens,
inne krities krisis, aysh, Millennium Drie Sapiens
“ligte-aan-niemand-tuis”-wese
2013-09-06 innie lewe, ma’ min zinto’s wat klokhell’r rym,struktuurg’weld, minagt’ng, v’r mede-Sapiens,
selfs moord’naar’t g’liefde, oek kjend v’n Mens,
nes pion, oppie voorfront v’n magspel, -ghym
o, liewe tyd
2013-09-04 oul’k ytg’vat, prag-’n-praal, v’n oordad’g kapitaal,lang-lang v’rhaal, rykdom, armoed, o bloed, glans,
minn’rheid substansieel versus swaarkry v’rskans,
kans ma’ skraal, v’r ekwi-g’lykheid, oppe Gini-skaal
‘cotha’ tot v’rhaal
2013-09-02 sy woel, kabb’l, vol lewe, via ilwimi,spraakorgaan, organisme, veeltal’g,
klap-’n-klik, suig, ’t noggie g’schemie,
aan t’dui, oudio-visueel, hoe lyk’r plig
regte houd’ng
2013-08-30 m’t houd’ng kom Mens ver, in hierie lewe,b’reik Mens mylpaal, sukses-’n-al, oplaas,
elk Mens’t ’n doel, doelmat’g na t’strewe,
t’ontsnap, ytie onkund’-ontkenn’ngswaas
nes Piet’rsbûrre
2013-08-29 straatnaam, g’bou, streek, erfnist’rrein,kultuurb’waard’r, batebasis oppie brein,
nalat’ng, eksklusief, neo-histories, stad,
onvoorwaard’l’k opg’dis, ’l m’k wíé wát
