’s nag

  • 0

wêrldlei’r rolmodelloos, sup’r-ultra-bombasties,
blitzkrieg-b’donn’rd, asof lugaanval ooit veil’g is,
v’r vrou, kind, dier, natuur, familie, van “terroris”,
dink kapitalis eenrigtingl’k, Gini-koëffisiëntisties

Moed’r Aard’, so g’sê in Haar se All’rheil’gst’ Moer,
aysh, of tolpadstels’l, K’roo-oopboor, submissiver’ng,
aan magsluslist’gheid, spore, reste, v’n apartheidsding,
v’n mentaliteitslaw’rny, Mens Self g’wet’nloos v’rhoer

koelbloed’g apaties, tot rykdomsryk-bou b’reid,
meer-’n-meer Self t’submissiveer, o wee, dis nag,
onkund’-ontkenn’ng, mampara-struktuurg’weld

Self-v’rvreemd’ng, Mens b’reid totte herwinn’ngstryd,
Mens Mens se eie, Eie, soos “iets”, onmensl’ks, v’rkrag,
kom Mens, via superioriteitsindroom, by “Duiw’lspiek” yt

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top