‘cotha’ tot v’rhaal

  • 0

sy woel, kabb’l, vol lewe, via ilwimi,
spraakorgaan, organisme, veeltal’g,
klap-’n-klik, suig, ’t noggie g’schemie,
aan t’dui, oudio-visueel, hoe lyk’r plig

sprokie, fab’l, all’gorie, g’dorie, een grotesk leuen,
net onkund’-ontkenn’r sal’t waag, poog t’ontken,
Afrikaans kry yt regstell’nd oord, onv’rwagt steun,
al traai ivoortor’ng-pseudo-sede-b’wak’r tyd t’wen

dié wie nie waarheid wil hoor, ja, hardkopp’gl’k wei’r,
min g’pla mettie ondraagl’kheid, van stil meerd’rheid,
of m’t pront-yt spontaniteit, erkenn’ng v’n werkl’kheid,
Naaste submissief, somm’r onn’r struktuurg’weld stei’r

Afrikaans, sed’rt g’boorte ’n legitiem Afrika-taal,
kô haar status, Kontinentaal, ‘cotha’ tot v’rhaal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top