“ligte-aan-niemand-tuis”-wese

  • 0

innie lewe, ma’ min zinto’s wat klokhell’r rym,
struktuurg’weld, minagt’ng, v’r mede-Sapiens,
selfs moord’naar’t g’liefde, oek kjend v’n Mens,
nes pion, oppie voorfront v’n magspel, -ghym

re Millennium Twee Lewe, Idee, info streng b’perk,
politiek was laas innie sew’nt’gs mooi progressief,
Afrikaan, meerd’rheid, nu ultra-sup’r-konserwatief,
aanbidplekg’oriënteerd: vannie masjid tottie kerk

v’r oning’ligte, “ligte-aan-niemand-tuis-wese”, ’n tog,
via Google, Wikipedia, na die term “hulpbron-oorlog”

storie, re olie, nog glattie globaal v’rhaal, storie,
sonn’r hierie hulpbron g’n tek’n vanne ekonomie

afskud v’n Self-d’struksie, onkund’-ontkenn’ng, sware stryd,
G’wet’loosheid, amp’r sov’l keer erg’r’r as apartheidstyd

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top