wat maak Mens?

  • 0

Waarheid, Veritas, maak altyd lekke seer, seerd’r’s seer,
t’veel vannie meerd’rheid moet meest’l meest’ ontbeer,
nes Egipties ganskuik’n, wegneemete, inne ar’ndklou,
nes Khoisan, graag g’liefd’ g’boort’grond wou b’hou

altyd’s daa’ iew’rs ’n vyand, inkomm’r, moord’naar,
veil’gheid, sekuriteit, lew’nskwaliteit, g’n waarborg,
in eksploitasie-situasie moet elk ma’ v’r Self sorg,
G’wete, Self, versus onomkeerbaar v’rlies b’waar

diep, innie mitochondriaal DNS, spoor yt Afrika,
arme eintl’k ma’ nette bet’r soort opvoed’ng vra,
wie was argitek, v’n Kaapsch-Hollandsch g’welf,
wat maak Mens nu, mettie Waarheid, Mens Self

hoe lank gat “Laaste” “Eerste” blameer, histories skuld gee,
Homo Sapiens Sapiens m’kaar wantrou, v’rmoor, o wee?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top