soms val Mens deur-’n-al huis binne,
min g’pla m’t Sirië se vlugt’lngg’sinne,
als watte brutaliteit aan ’n ann’r doen,
moord’naar noggie m’t uxolo v’rsoen
ontkenn’ng v’n onkund’ “Duiw’lspiek”-d’moonslagaar,
Mens’t g’n idee, hoe diep is Homo Sapiens innie kak,
lat Mens Mens Self, so sup’r-ultra-onlogies v’rswak,
soos ’n zombie, na die dowwe spieëlbeeld bly staar
eerste ýt, “ras”-’n-“klas”, allie ann’r daarop g’baseer,
kapitaalv’rhaal het mos as kern: “Ann’r eksploiteer”
Self-d’struksie, simptomaties v’n g’weld, v’n struktuur,
Moed’r Aard’, nes G’wete, in haar se all’rlaaste uur
grafkoop is grondkoop, watt’r nut herrie dood,
v’r Mens wat G’wete-herwinning so kil v’rstoot
Jacobus Faasen

