straatnaam, g’bou, streek, erfnist’rrein,
kultuurb’waard’r, batebasis oppie brein,
nalat’ng, eksklusief, neo-histories, stad,
onvoorwaard’l’k opg’dis, ’l m’k wíé wát
val Potch, Stevetoria, nes Piet’rsburg, so lank g’lee,
toe Polokwane voor kryg’rruiterg’lid pad moes gee,
Duiw’lspiek-pion, spioen, submissief, aan Self g’trou,
nie omlat Mens moesie, maar omlat Mens rêr’g wou
Millennium Drie Krisis, ook’p erflat’ng v’n betrekk’ng,
nalat’nskap’t veel volronn’r, wawydwy’r, strekk’ng,
kwasi-pseudo-g’low’ge nie juis g’neig tot b’sinn’ng,
of ’n v’rtroudmak’ng, m’t voorv’reiste v’r oorlew’ng
waar’s wragt’g, wraggies, Homo Sapiens, waaragt’g, aysh,
ultra-Utopiaans, sup’r-Jenaïsties, g’voel’ntheid v’n Paradys
Jacobus Faasen

