neo-Ned’rduijtsch

  • 0

spaar Mens tuin v’n pseudo-poëtast’ry,
“neo-Nereduus”, glattie naast’nby vry,
Kontinent se heel jongst’ wins, kreool,
in alle -ismes onn’rleg, p’rfek g’skool

wet’nskapl’k, tegnies, g’trein, opg’lei, klanksg’wys,
v’r taalhalsstarr’ge, hardnekk’ge, patriot, ruwe reis,
elk kodewoord ’n semanties sleut’l, taalb’wysstuk,
Moed’r, Kontinentaal, Gondwananisties, in Ha’ Skik

g’liefd’ hoefie ytsterw’ng, ytdelg’ng, v’n “ilwimi” t’vrees,
“isiBhulu’-merk’r t’diep innie kultuurveld ing’plant, o ja,
lankal al, as “Ned’r-Duuts”, slaafgees linguïsties v’row’r

hoef g’n Afrikaan v’r Ha’ skaampies t’wees,
honn’rd p’rsent eg, opreg, eie kind yt Afrika,
selfs inkomm’r, ultra-Biebouwiaans b’tow’r

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top