waarso innie woud lê daai lekke hoop goud,
Mens b’soek, fynkam u grond, Rhodes Estate,
marrie skat, iew’ste v’rborge, dissie waarheid,
’t Boeta al skepp’nd jonk g’bly, al was u oud
u magt’g, groei’nd gees s’l glo Mens b’heer,
ivoortor’ngdenk’rs dankbaar v’r nalat’nskap,
ondanks de facto “Duiw’lspiek”-paloekaskap,
u uself, monumentaal, Vlak-vistaïsties v’reer
in u hint’rlandvisie’t Eerste Mens nie g’figureer,
selfs in Parl’ment teen transformasie g’red’neer,
soos Hitler staat u-’n-salueer, in Kompanjie-tuin,
in “Duiw’lspiek”-woud’t ’n ysl’k pot goud v’rdwyn
u borsbeeld dag-na-dag b’langstell’nd deur b’soek’r b’trag,
al’t u lag-lag grondb’sitt’r se reg g’wet’nloos, kil, v’rkrag
Jacobus Faasen

