in “Duiw’lspiek”-dissip’lskas skiet een moersk’ kraak,
sien nu, duidl’k, pr’sies, waar, plus hoe, stanie saak,
wat’t Self-d’struksie, “Duiw’lspiek” m’t m’kaa t’maak,
hoe struktuurg’weld ’n Mens, Naaste, se sak(e) raak
oorlog was nog nooit een goed g’noeg oploss’ng,
Mens wéét: uit oorlog vloei’r nooit oorwinn’ng,
ultra-magsv’rtoon t’r sprak’, aysh, g’veinsdheid,
inne oorlog v’r med’mensl’kheid, liefde, g’n tyd
kanti, sjatan span graag al sjy submissiewes in,
onn’rdan’g v’r sjy rijk nog sjup’rglôrrie in t’win,
oorlog tot ietsie eksoties, flambojant, op t’hef,
selfs Skepp’rslaaf okie Sy Boodskap mooi b’sef
onkund’-ontkenn’ngspeil nog nooit so erg’s nu,
oorlogsmisdad’g’r w’t kilg’wet’nloos voortstu
Jacobus Faasen

