sov’l afg’vaard’g, sov’lste sitt’ng, vannie Sinode,
g’low’ge vra nie arme w’t skort, hoev’l vis, brode,
voorwaar, dinkskrum, koppestamp, sed’g byeen,
armes toenem’nd wonga by oophand-rykes leen
Gini-koëffisiënt, inkomst’-kloof, wy’r-’n-wy’r,
korrupte aan’t plund’r, ekonomie aan’t stei’r,
onkund’-ontkenn’ng wyd-’n-syd’s etos b’mark,
wie’s wie, innie kapitaalv’rhaal, wie issie vark?
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, krisis,
Mens noggie b’wus, re Lewe Twee Lewe-idee is,
G’wete-herwinn’ng nie nogge Speelstasie-ghym,
medemensl’kheid, oorlog, glattie m’t m’kaa rym
hoop Mens, glo Mens, “Duiw’lspiek” is’p’l agenda,
Mens hoor mos g’noeg spinsangoma-propaganda
Jacobus Faasen

