phallus innie verte

  • 0

b’sonn’rs rykl’k g’seënd, ryp-’n-vol,
speel Afrika-taal, offisieel, haar rol,
niks argaïes, outyds, re moed’rtaal,
vele gene v’rsmelt in’r onstaansv’rhaal

al kry sy toe, oppie koop toe, massief monument by,
ampsb’kled’rs onb’wus, sy s’l nogge stryd moet stry,
versus als onheil’g, onveil’g, ontmensl’k’nd daarby,
versus lei’rskap, v’r taaltransformasie onvoorb’rei

sien tonn’l-tolb’tal’r phallus innie verte, kiertsregop,
lat Afrikaans so eksklusief is, aysh, groteske fokkop,
Afrika-taal só uniek, bó allie ann’r, ultra-superieur,
nes “Duiw’lspiek”, ’n soort sosio-geografies terreur

s’l haar self nu yt hierie hoek yt moet verf,
(illegitiem) v’r jarre’s prioriteitstaal b’derf

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top