“isiBhulu”, allie ann’r p’joratiewe in Afrikaans,
s’l voor g’regt’gheid knieg moet buig, erken,
versus r’spek, imbekho, k’n mos niemand wen,
sjee sjelfs sjatanis sy, haar, opp’rheer g’n kans
moed’rtaal, t’mooi, t’elegant, naïef, onskuld’g,
soos eerst’ woord yt spraakkas vanne kleut’r,
hoef Mens nie nog m’t superioriteit t’peut’r,
Self-d’struksie, duist’r, g’n hoop ontvlug U Lig
o God, Allah, innie Kaap’t Mens mede-Mens v’rraai,
slaw’rny b’oef’n, ann’r “ilwimi” m’t g’weld v’rdryf,
Gitmo-baai-b’waard’rl’k, so g’woond aan g’skree
U Liefde, Liefl’kheid, as Sulks, glattie t’v’rsmaai,
Moed’r Afrikaans, dikw’ls so volmooi, vol-in-lyf,
w’l mos graag aan ubuNtu, v’n umNtu, lewe gee
Jacobus Faasen

