Machiavelli-b’leid

  • 0

afstaml’ng v’n GRA, Raadslid, min g’pla,
mettie status, def’nisie, aantal sprek’rs,
geografies v’rspreid’ng, as lingua franca,
lekk’-oppie-tong-rondrol-b’leid, in Afrika

re ’n Afrika-taal, in Caabsch Vleck vasg’naai,
b’twiekst Hotnos-Holland, Vlakte, g’n grens,
dink slaafkind ver, na doerie tyd, toe Mens,
kolonis, baas, symste nag’slag slinks v’rraai

Eerstes vannie Kaap, v’r eeue’l Laaste,
net in kerk-temp’l-kreoolskool “Naaste”,
res deur Boed’lbondbiljoene manipuleer

o lekke porta-loo, sit-sit-so, aysh, g’na,
Machiavelli-b’leid skeppe nuwe stryd,
speelveldg’lykheidsv’rsoek g’ignoreer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top