pseudo-kwasi-etici

  • 0

al v’r eeue, lat Mens so re G’wete-herwinn’ng huiw’r,
Self-g’objektiveerd, kragt’loos, in stormwind warr’l,
Millennium Drie Krisis lat Mens angsb’vang’ skarr’l,
selfs Self Self v’n g’wet’nloosheid t’probeer suiw’r

Self-d’struksie, onkund’-ontkenn’ng, Mens v’rward,
nimm’r voorheen was in situ situasie só erg b’nard,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, Aardwese,
“uitwis-v’n-als-w’t-uitwisbaar-is” v’rhef totte leuse

ewolusie v’n struktuurg’weld ’n sup’rhartseer storie,
hoe Mens mede-Mens, Naaste, elimineer, o g’dorie,
“medemensl’kheid” glattie meer ’n issue, of filosofie,
nes Mens re g’wet’nloosheid rêr’g nie g’noeg kry nie

stort moraliteit, fundamenteel-struktureel, in duie,
reg vóór etiektriekst’r, verifieerbaarheidsg’tuie

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top