Mens, duid’l’k, kristalglashell’r, oop-’n-bloot,
Self span saam, m’t boodskapp’r vannie dood,
eie, Self, God S’n ook, kla’ reg oppie off’raltaar,
“Duiw’lspiek”, v’rhef, hoog bo suid’rstadskaar
kanti, Mens vra mede-Mens, vanwaar’s sjatan,
Self as God se slaaf, of opponent s’n, ing’span,
nogge gatswaai’r innie Moed’rstad, anusb’hep,
sonn’r een ink’lte woord re hidrobrek’ng t’rep
aysh, Millennium Drie Homo Sapiens, Mens, Krisis,
dié een waarin Mens Mens Self b’vind, Self ín is,
m’t die idioom, sup’r-ultra- Kreool, Afro-ilwimi,
kanne Nomm’r nie somm’r ’n ytweg skiem’ie
selfs Afrikaans, streng b’perk, binne perk g’kreëer,
onmagt’g, Aluta, ytkoms, nu al t’manifesteer
Jacobus Faasen

