Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Engela Duvenage, skrywer van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika, ’n onderhoud

Izak de Vries, Engela Duvenage Skrywersonderhoude 2020-11-18

"Ek hou daarvan om ’n bietjie oor baie dinge te weet. ’n Skoolvriend het destyds al gesê ek het ’n brein soos ’n Chappies-papiertjie."

Verskeie voëls en Die 17de veer: ’n gesprek met Nanette van Rooyen

Izak de Vries, Nanette van Rooyen Skrywersonderhoude 2020-11-18

"Ek hou my kinders dop. Ek luister hulle af. Ek probeer kyk deur hulle oë."

I am Greta, 'n resensie

Izak de Vries Film 2020-11-17

"Hierdie film doen meer as net goeie werk vir die klimaat, dit breek ook lansies vir mense wat op die outismespektrum is."

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

Izak de Vries, Dina Botha Skrywersonderhoude 2020-11-09

"My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser."

ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud

Izak de Vries, Chanette Paul Boeke en skrywers 2020-11-05

"Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats. Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke."

Twee ATKV-Woordveertjies vir Fanie Viljoen: 'n Onderhoud

Izak de Vries, Fanie Viljoen Onderhoude 2020-10-29

"Ons leef in onsekere tye. Mense probeer op die een of ander manier ankers teen die storms kry."

Jaco Jacobs, wenner van twee ATKV-Woordveertjies: 'n onderhoud

Izak de Vries, Jaco Jacobs Onderhoude 2020-10-29

"Die beste stories is dié waarin doodgewone mense ongelooflike dinge doen. Ek het in die Karoo grootgeword, waar mense mekaar se stories ken, en dit het van kleins af ’n groot indruk op my gemaak."

Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater

Izak de Vries, Francois van Coke Suidoosterfees 2020-10-28

"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."

Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie

Izak de Vries, Kurt Darren Musiek 2020-10-27

"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."

"Herskep Afrikaans": Neville Alexander-gedenklesing 2020

Izak de Vries Menings 2020-10-13

"Alle monumente is deesdae kontroversieel – dink gewoon aan die beweging rondom #RhodesMustFall. Die Taalmonument mag dalk reeds vir alle Afrikaanssprekendes toeganklik wees, maar wat van ons ander inheemse tale?"

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2020-10-08

"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."

Aspoester se paleis, die prinses se titel en die huwelik

Izak de Vries Menings 2020-10-07

"In België word ’n vrou oornag amptelik ’n prinses en in Suid-Afrika wen Aspoestertjie die reg om vir haar prins se paleis te baklei. Twee onverwante stories uit twee kontinente het vandeesweek die begrip huwelik onder die loep geneem."

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-10-05

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas

Izak de Vries In memoriam 2020-10-01

"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

Izak de Vries Resensies 2020-09-30

"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."

Top