LAPA se warm boeke vir ’n koue vakansie
2018-07-08Dit is vakansie. LAPA Uitgewers se boeke gaan jou hart warm laat klop. Daar is iets vir oud en jonk om mee op te krul in 'n snoesige bed.
Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie
2018-06-25"Nathan Trantraal se Wit issie ’n colour nie, behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want, dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word."
Darling Collection word dARTling
2018-05-09"Dit was nog eens ’n besonderse geleentheid om die fees in Darling by te woon. Die volgende fees gaan interessant wees, want die idee van die Darling Collection was samewerking tussen Europeërs en mense van Afrika wat baie wysheid in pag het. Die idee agter dARTling is om die kennis van die Europese studente en die talent op eie bodem te laat werk."
Afrikaans en die Bo-Kaap
2018-04-05"Afrikaans het vele gesigte, sê Titus. Dit is daarom vir die ATKV belangrik om die verskillende gesigte te verstaan en aan die wêreld te wys. Dié gesprek was dus deel van ’n hele reeks waarmee die ATKV besig is om Afrikaans se diversiteit te leer ken en verstaan."
Die Kaapstadkarnaval: kleur, klank en ’n klomp mense
2018-03-22Die negende Kaapstadkarnaval het Saterdagaand 17 Maart 2018 in Groenpunt plaasgevind. Dit was ’n visuele skouspel. Izak de Vries en sy kamera was daar.
Op pad Athlone toe saam met Cyril Ramaphosa
2018-02-20Toe president Cyril Ramaphosa gewone mense uitnooi om vanoggend saam met hom te stap, kon Izak de Vries nie anders as om daar te wees nie. Hy draf kaalvoet saam.
Wat is op jou bedkassie? Izak de Vries antwoord
2017-12-21LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar. Lees Izak de Vries se antwoord.
Hartklop – iets om te beleef
2017-12-21"Gisteraand was die opening van Hartklop, ’n splinternuwe drama deur Jan Groenewald wat in die Kunstekaap speel. Die stuk berus op verskeie verhale wat Susan Vosloo, die bekende hartoorplanter, aan Jan Groenewald vertel het."
ATKV-Crescendo: vanjaar se finale ronde
2017-12-20"ATKV-Crescendo het landswyd getoer om liedjieskrywers op te spoor. Uiteindelik is die finaliste na ’n intensiewe sessie genooi wat van 4 tot 9 Desember in die Slanghoek-konferensiesaal by ATKV-Goudini Spa plaasgevind het." Hier is ’n aantal foto's.
Laat dit riel!
2017-12-20"Op Saterdag 2 Desember 2017 het daar ’n deeglike stofwolk oor die Paarl gehang. Dit was nie die wind se skuld nie, dit was die trappers van die riel wat so gemaak het tydens die finaal van ATKV-Rieldans."
Atlantis pass weer ’ie torch an
2017-12-19"Die ATKV-tak op Atlantis vereer elke jaar mense uit die gemeenskap as fakkeldraers. Dié fakkeldraers is bakens, elkeen dra hulle eie lig na die donkerste dele van die gemeenskap. Uit hierdie projek het ’n boek, Vroue van Atlantis, ontstaan."
Adam Small vereer in die Kunstekaap
2017-12-19"Op Saterdag 16 Desember 2017, Versoeningsdag, is ’n borsbeeld van Adam Small in die Marmerfoyer van die Kunstekaap-teaterkompleks onthul. Die beeld is geskenk deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en is ontwerp deur Johannes du Plessis."
Dark Traces awarded a Kirkus Star Review
2017-11-07LAPA Publishers (South Africa) and Catalyst Press (USA) are thrilled to announce that Martin Steyn’s English fiction debut, Dark Traces, has been awarded a Kirkus Star Review. The Kirkus Star is one of the most prestigious recognitions in the book industry.
Die leser
2017-11-01"Die leser" is ’n splinternuwe kortverhaal deur Izak de Vries: "Ek was mal oor haar, maar al waaroor sy kon praat was jy. Later begin ek ook dink aan jou. Ek is ’n leser en ek maak my eie stories in my kop en hier staan jy, maar nie die vaal jy op Franci se foto’s nie. Jy is baie meer sexy as wat ek gedroom het."
Die beste 15 in ATKV-Tienertoneel 2017
2017-10-25Die ATKV-Tienertoneel 2017 se finale rondes het van 4 tot 7 Oktober in die Kunstekaap plaasgevind. Izak de Vries het al vier dae bygewoon en het, soos gewoonlik, sy kamera by hom gehad. Hier volg sy indrukke oor elke stuk.

