Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Haram deur Zubayr Charles: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2026-02-26

"Haram is ’n belangrike roman wat ’n waardevolle bydrae tot queerliteratuur in die Suid-Afrikaanse konteks lewer."

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."

"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."

Zombie-sokker deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Kinderboeke 2025-07-29

"Beide seuns en meisies sal Zombie-sokker geniet weens die spannende verhaallyn en die gril-element. Zombie-sokker is ’n ideale teks om negejariges en ouer te laat lees."

Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-07-22

"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."

Hoe om ’n trein te stop deur Stephanie Ebert en Kathryn Pillay: vir lekker lees én om in die klaskamer te gebruik

Dewald Koen Skole 2024-06-20

"Hierdie boek is ideaal vir die geskiedenisprojek wat leerders in die derde kwartaal oor die lewensverhaal van ’n leier moet voltooi."

Die Melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-04

"Die rol van die vrou in die konteks van landbou, grond, oorlog, asook vredemakers en bewakers van die verlede word opnuut belig."

Van toeka af die toekoms in deur Angelique van Niekerk en ander: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-03

"Alhoewel die toekoms van Afrikaansdepartemente aan talle Suid-Afrikaanse universiteite in die weegskaal verkeer, dui dié publikasie daarop dat die Afrikaansdepartement aan die UV nog lank nie boedel oorgegee het nie."

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-12-06

"Joernaal is ’n toeganklike bundel waarin eietydse maatskaplike uitdagings geopper word en temas soos die ars poëtika, die toekoms van Afrikaans as taal, asook die digterlike outobiografiese kode sterk figureer. Dié bundel het my met ’n gevoel van genoegdoening gelaat."

Ouma Mollie gaan terug skool toe deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-11-27

"Hierdie stoute ouma is pret! Sy maak dalk nie die lekkerste fudge nie en sy verstaan nie priemgetalle nie, maar ’n dag saam met haar sal geen kind ooit vergeet nie."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-10-18

Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te reflekteer oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie “storie” ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep."

Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-10-11

"Op vernuftige wyse bring Jaekel Strauss die verskillende storielyne bymekaar en onderneem Klarissa nie slegs ’n reis op soek na haar familiegeskiedenis nie, maar ontdek sy geheime wat oor landsgrense en eeue heen strek."

Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3

Dewald Koen Skole 2023-08-10

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.

Wat moet ons as literatore dan doen?

Dewald Koen, Willie Burger Seminare en essays 2023-07-27

"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"

Top