Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Boekresensie: Verslag deur Clinton V du Plessis

Dewald Koen Resensies 2019-07-15

"Verslag demonstreer Du Plessis sy fyn aanvoeling vir die menslike psige. Hy is een van die min Afrikaanssprekende digters wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike dog deernisvolle wyse verwoord."

’n Dosent wat die digkuns in die sneeuvlokkie raaksien: Dewald Koen deel sy studente se poësieplakkate

Dewald Koen Skryfwerk 2019-06-13

Dewald Koen, betrokke by die Fakulteit Opvoedkunde  aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth (by die afdeling Aanvangsonderwysopleiding), se passie is Afrikaanse letterkunde en poësie. Hy het onlangs vir sy eerstejaarsklas gevra om plakkate van Afrikaanse digters en hul werk te maak.

#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het

Naomi Meyer, Dewald Koen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-02-14

"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."

Die wêreld van die storie deur Willie Burger

Dewald Koen Resensies 2019-01-09

"In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom."

Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities

Dewald Koen Resensies 2018-09-11

"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."

Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek se winterskool 2018

Dewald Koen NeerlandiNet 2018-07-18

"Vanaf 1 tot 7 Julie het studente verbonde aan agt Suid-Afrikaanse universiteite, asook die Universiteit van Namibië, in Port Elizabeth byeengekom vir vanjaar se winterskool. Altesaam 23 studente het die weeklange kursus in Nederlandse taalverwerwing asook Nederlandse en Vlaamse letterkunde gevolg."

Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2018-05-23

"Na twee dekades (en seker baie wyn tydens die bepeinsing oor wat professor doktor Opperman as verruklike poësie sou beskou het) het ’n nuwe digbundel uit Koos se pen verskyn."

Somer deur Jaco Fouché: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2018-05-02

"Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod."

Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie

Dewald Koen Resensies 2017-12-20

"Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is."  

Good Hope. South Africa and the Netherlands from 1600: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-29

"Hopelik sal die boek heling teweegbring tussen veral Nederlanders en Afrikaners, maar ook onder ander Suid-Afrikaners wat onder die juk van Nederlandse kolonialisme gely het."

Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-24

"Die leser hoef nie noodwendig ’n Christen te wees om die skoonheid van die Afrikaanse taal en metafoor in hierdie versameling gedigte te kan waardeer nie."

Jaarvergadering van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans: ’n verslag

Dewald Koen Menings 2017-10-31

"Die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) se Algemene Jaarvergadering het op Saterdag 28 Oktober by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Verteenwoordigers van Afrikaansdepartemente regoor Suid-Afrika het die vergadering bygewoon om die IVA se doelwitte te bespreek, amptelike verteenwoordigers te verkies en die pad vorentoe uit te stippel."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-10-12

"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2017-09-15

"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-07-21

"Daar bestaan by my geen twyfel dat die oorgrote meerderheid lesers hierdie teks terdeë sal geniet nie. En wanneer die misterie rondom die moordenaar uiteindelik ontrafel word, kan jy maar net sê: 'Slaan my met ’n pap snoek!'"

Top