Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Somer deur Jaco Fouché: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2018-05-02

"Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod."

Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie

Dewald Koen Resensies 2017-12-20

"Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is."  

Good Hope. South Africa and the Netherlands from 1600: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-29

"Hopelik sal die boek heling teweegbring tussen veral Nederlanders en Afrikaners, maar ook onder ander Suid-Afrikaners wat onder die juk van Nederlandse kolonialisme gely het."

Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-11-24

"Die leser hoef nie noodwendig ’n Christen te wees om die skoonheid van die Afrikaanse taal en metafoor in hierdie versameling gedigte te kan waardeer nie."

Jaarvergadering van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans: ’n verslag

Dewald Koen Menings 2017-10-31

"Die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) se Algemene Jaarvergadering het op Saterdag 28 Oktober by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Verteenwoordigers van Afrikaansdepartemente regoor Suid-Afrika het die vergadering bygewoon om die IVA se doelwitte te bespreek, amptelike verteenwoordigers te verkies en die pad vorentoe uit te stippel."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-10-12

"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2017-09-15

"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-07-21

"Daar bestaan by my geen twyfel dat die oorgrote meerderheid lesers hierdie teks terdeë sal geniet nie. En wanneer die misterie rondom die moordenaar uiteindelik ontrafel word, kan jy maar net sê: 'Slaan my met ’n pap snoek!'"

Misverstand deur Marita van der Vyver: ’n resensie deur Dewald Koen

Dewald Koen Resensies 2017-07-12

"Met hierdie roman het Van der Vyver weer eens, soos met Griet skryf ’n sprokie, ’n skitterende prosateks geskryf wat nie alleenlik toeganklik en genotvol is vir die breër leserspubliek nie, maar terselfdertyd allerlei pittighede en literêre verwysings bevat wat die meer kritiese leser se belangstelling sal prikkel." 

Die diepblou see deur François Loots: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-06-30

"Die diep blou see is ’n fyn gestileerde roman wat die leser op ’n reis neem na ’n belangrike tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis."

Vlerke vir almal deur Marion Erskine: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2017-05-17

"Vlerke vir almal is een van daardie jeugromans wat nie slegs deur tieners gelees moet (en sal) word nie. Almal moet dit lees. Veral ouers van tieners, en onderwysers, móét hierdie roman lees."

Kreatiewe skryfwerk: algemene foute

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2017-03-06

Hier is ’n nuttige lysie van algemene foute wat in kreatiewe skryfwerk voorkom, veral wanneer Afrikaans nie die leerder se eerste taal is nie. Daar is ook ’n paar riglyne wat kan help om hierdie foute te voorkom.

Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets: Lien se lankstaanskoene

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2017-02-23

Hier is ’n gratis toets en memorandum wat handel oor Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt.

Poësietoets 2015: Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2017-02-21

Hier is ’n gratis poësietoets en memorandum, opgestel deur Dewald Koen, om graad 12-leerders se insig in een ongesiene gedig en twee gesiene gedigte te toets.

Oorsigtelike bespreking van Chokers en survivors deur Nathan Trantraal

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2017-02-21

Hier is gratis omvattende notas oor Chokers en survivors deur Nathan Trantraal.

Top