Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Hulp vir opvoeders: ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming"

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2023-04-13

’n Opvoeder vra vir ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming" as ongesiene gedig en Dewald Koen, opvoedkundige, interpreteer die gedig wat oor meer as net algemene wroemwoede handel.

Bot deur Carien Smith: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-04-04

"Smith draai nie doekies om nie en ontbloot sonder skroom die moontlikheid van ’n toekomstige Suid-Afrika waarin iets soos beurtkrag as onbenullig afgemaak sal word vergeleke met ’n distopiese samelewing wat moontlik ons daaglikse realiteit kan wees."

Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening

Dewald Koen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-01-27

"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"

Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2022-12-27

"Steek gerus die kers aan tydens beurtkrag en geniet Lötter se verkenning van gedaantes en gedoentes."  

Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)

Dewald Koen Skole 2022-08-18

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen Onderhoude 2022-07-14

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)

Dewald Koen Resensies 2022-04-06

"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."

Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – vraestel en memo

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2022-03-31

Is jy in matriek en reeds besig om voor te berei vir volgende kwartaal se werk? Dewald Koen se oefenvraestel en memo kan jou vakansiewerk soos pure ontspanning laat voel. Klik hier om ’n vraestel en memo af te laai.

Kuberkelder: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2022-02-22

Dewald Koen, voorheen Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en -memo vir graad 9-leerders.

COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Dewald Koen Skole 2021-07-28

"Ouers of voogde moet as ’n span saam met die onderwyser werk. Stel realistiese verwagtinge. Ouers/voogde kan veral jonger kinders soveel as moontlik laat lees. Vir tieners is dit belangrik dat ouers hulle emosioneel ondersteun."

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel saamgestel deur Carin Krahtz – ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2021-07-27

"Ingonyama en ander maats met leeueharte word ten sterkste vir elke klaskamer, biblioteek of leesgierige seun en dogter aanbeveel."

Resensie: Dinge van ’n hond deur SP Benjamin

Dewald Koen Resensies 2021-06-16

"Met Dinge van ’n hond ondersoek Benjamin die baas-klaas-verhouding wat kenmerkend is van talle Suid-Afrikaanse plaasgemeenskappe. Die roman bied ’n perspektief op die verlede en dwing die leser om krities te besin oor onregte wat gepleeg is en steeds gepleeg word."

Sulke vriende is skaars: Die briewe van Arnold van Wyk en Anton Hartman, 1949–1981: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2021-01-18

"Die publikasie van die briewe van dié twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse kunsmusiek lewer inderdaad ’n noemenswaardige bydrae tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. Dit is ’n publikasie wat vanuit ’n estetiese oogpunt die perfeksionisties-gesinde Hartman en Van Wyk se goedkeuring sou wegdra. "

In memoriam: Gisela Ullyatt, née Weingartz (1977–2020)

Dewald Koen In memoriam 2020-08-21

"Rus sag, my liewe kornuit."

Reza de Wet: Die dramaturg as dromer, Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)

Dewald Koen Resensies 2020-07-15

"Met die sesde publikasie in die huldigingsreeks kan ek opreg sê dat hierdie projek van onskatbare waarde vir toekomstige navorsers en belangstellendes in die Afrikaanse letterkunde gaan wees."

Top