Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie
2023-10-11"Op vernuftige wyse bring Jaekel Strauss die verskillende storielyne bymekaar en onderneem Klarissa nie slegs ’n reis op soek na haar familiegeskiedenis nie, maar ontdek sy geheime wat oor landsgrense en eeue heen strek."
Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3
2023-08-10In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.
Wat moet ons as literatore dan doen?
2023-07-27"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"
Hulp vir opvoeders: ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming"
2023-04-13’n Opvoeder vra vir ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming" as ongesiene gedig en Dewald Koen, opvoedkundige, interpreteer die gedig wat oor meer as net algemene wroemwoede handel.
Bot deur Carien Smith: ’n resensie
2023-04-04"Smith draai nie doekies om nie en ontbloot sonder skroom die moontlikheid van ’n toekomstige Suid-Afrika waarin iets soos beurtkrag as onbenullig afgemaak sal word vergeleke met ’n distopiese samelewing wat moontlik ons daaglikse realiteit kan wees."
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening
2023-01-27"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"
Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: ’n resensie
2022-12-27"Steek gerus die kers aan tydens beurtkrag en geniet Lötter se verkenning van gedaantes en gedoentes."
Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)
2022-08-18Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.
Trompie ’n chauvinis?
2022-07-14Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.
Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)
2022-04-06"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."
Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – vraestel en memo
2022-03-31Is jy in matriek en reeds besig om voor te berei vir volgende kwartaal se werk? Dewald Koen se oefenvraestel en memo kan jou vakansiewerk soos pure ontspanning laat voel. Klik hier om ’n vraestel en memo af te laai.
Kuberkelder: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1
2022-02-22Dewald Koen, voorheen Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en -memo vir graad 9-leerders.
COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers
2021-07-28"Ouers of voogde moet as ’n span saam met die onderwyser werk. Stel realistiese verwagtinge. Ouers/voogde kan veral jonger kinders soveel as moontlik laat lees. Vir tieners is dit belangrik dat ouers hulle emosioneel ondersteun."
Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel saamgestel deur Carin Krahtz – ’n resensie
2021-07-27"Ingonyama en ander maats met leeueharte word ten sterkste vir elke klaskamer, biblioteek of leesgierige seun en dogter aanbeveel."
Resensie: Dinge van ’n hond deur SP Benjamin
2021-06-16"Met Dinge van ’n hond ondersoek Benjamin die baas-klaas-verhouding wat kenmerkend is van talle Suid-Afrikaanse plaasgemeenskappe. Die roman bied ’n perspektief op die verlede en dwing die leser om krities te besin oor onregte wat gepleeg is en steeds gepleeg word."
