Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Resensie: Die slaghuis deur Cas Wepener

Dewald Koen Resensies 2020-06-12

"Die slaghuis is ’n roman wat boei, die speekselkliere stimuleer en terselfdertyd sommige lesers sal ontstem."

Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – aanbieding oor DJ Opperman se gedig "Sproeireën"

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2020-04-23

Is jy in graad 12 en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Hierdie aanbieding is gemik op leerders wat die IEB-eksamen skryf. Die aantekeninge is deur Dewald Koen opgestel en sal leerders bystaan wat tuis studeer. 

Graad 11 en 12: Afrikaans Huistaal (poësie) – literêre teorie in ’n neutedop

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2020-04-15

Is jy in graad elf of twaalf en neem jy Afrikaans Huistaal? Dewald Koen se aantekeninge is opgestel om jou as leerder in staat te stel om tuis selfstudie en hiersiening te doen. 

Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal (taalkunde) – vraestel en memorandum

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2020-04-07

Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Oefen jou taalvaardighede met hierdie vraestel wat deur Dewald Koen opgestel is. 

Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal (taalkunde) – vraestel en memorandum

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2020-04-07

Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Oefen jou taalvaardighede met hierdie vraestel wat deur Dewald Koen opgestel is. 

Graad 12: Riglyne vir die ontleding van voorgeskrewe prosa en poësie

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2020-04-07

Lees Dewald Koen se riglyne waarmee graad 12-leerders voorgeskrewe prosa en poësie kan ontleed.

Resensie: Pieter Fourie: Teatermaker – ’n huldiging deur Fanie Olivier (redakteur)  

Dewald Koen Resensies 2020-02-18

"Die teks in sy geheel lees soos ’n lewensverhaal – ’n oorsig oor die lewe en werk van ’n kreatiewe gees wat ’n enorme bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gelewer het."

LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019

Dewald Koen Seminare en essays 2020-01-08

In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.

Boekresensie: Grondwoorde 2018 saamgestel deur Wouter J Gildenhuys

Dewald Koen Resensies 2019-12-04

"Die afgelope paar weke het dit my weer eens opgeval hoe die Afrikaanse taal gedurig onder beleg verkeer.  ... Meer projekte van hierdie omvang is nodig om nie alleen Afrikaans as taal te bevorder nie, maar ook om kreatiewe skryfwerk onder ’n nuwe generasie jongmense aan te moedig."

Resensie: Die man van Quatro deur Calvyn van Niekerk

Dewald Koen Resensies 2019-12-04

"Sodra ’n leser dink hier is net nóg ’n nuwe misdaadroman in Afrikaans, word jy aangenaam verras met Van Niekerk se roman wat nie bloot ’n voorspelbare resep van clichés is nie."

Resensie: Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

Dewald Koen Resensies 2019-12-02

"Geen skrywer kon tot op hede die trauma wat dienspligtiges tydens die Grensoorlog ervaar het so eerlik oopkloof nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Dewald Koen Resensies 2019-11-12

"Wat Hond se gedagte van ander rugbyromans onderskei, is ongetwyfeld Breytenbach se skerp sin vir humor."

Breyten op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breyten – Dewald Koen en Gerard Scharn

Dewald Koen, Gerard Scharn Boeke en skrywers 2019-09-11

Dewald Koen: "In die gedig “3.14 (Taalstryd)” uit die bundel Lewendood wend die spreker homself tot ironie om die taalstryd ten opsigte van die erkenning en bevordering van Afrikaans binne die politiese sfeer van die gebeure voor en na afloop van die 1976 Soweto-opstande te verwoord". Gerard Scharn: "Welgeluksalig is die kinders van Dimbaza, van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater, zwarte vlekken op een witte kaart. Wist ik veel, ik was er niet geweest om erover mee te kunnen praten of erover te oordelen."

Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)

Dewald Koen Resensies 2019-09-10

"Die Nederlandstalige Ik kom terug het in 2014 verskyn en is in 2015 bekroon met die Libris Literatuurprys. Die Afrikaanse vertaling is behendig deur Daniel Hugo behartig."

Boekresensie: Koebesie deur Trienke Laurie

Dewald Koen Resensies 2019-09-10

"Die bundel inkorporeer beide Laurie se voorliefde vir kuns met dié van poësie. Talle van Laurie se tekeninge en skilderye verskyn in die bundel asook op die voorplat."

Top