Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Kingswood College: Afrikaans-vraestelle (Julie 2013)

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2013-07-22

Afrikaans-vraestelle wat veral vir skole wat die IEB-eksamen skryf nuttig sal wees.

Deur ruite van die reis – ’n oase wat die dors les

Dewald Koen 2013-06-12 “Soos die woestyn is die gedig onsterflik ...”

Kingswood College: Afrikaans-vraestelle

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2013-05-10

Afrikaans-vraestelle wat begripstoetse, poësie, prosa en taal insluit. 

Vol draadwerk: ’n verruklike literêre reis met allerlei bestemmings

Dewald Koen 2013-01-08 Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.

Bloed is nie noodwendig dikker as water nie

Dewald Koen 2012-09-11 "Burger se skryfwyse en temas sluit sterk aan by skrywers soos Welma Odendaal en Jeanne Goosen – albei skrywers wat soms meer gewaagde onderwerpe in hul skryfwerk aanspreek."

Menslike verganklikheid in Vos se Weerloos lewe

Dewald Koen 2012-06-27 Vos se bundel is ’n uiters geslaagde bundel wat ongetwyfeld ’n plek op menige leser se boekrak verdien.
Top