Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Resensie: Vloeibare middelpunt deur Martjie Bosman

Dewald Koen Resensies 2016-08-16

"Lesers moet hulself nie deur die ooglopende eenvoud van sommige gedigte laat mislei nie. Bosman se spel met woorde is soos ’n goedgeorkestreerde simfonie van klanke en beelde wat die sintuiglike waarnemingsvermoë van die leser op kreatiewe wyse prikkel."

Boekresensie: Slaafs deur Bettina Wyngaard

Dewald Koen Resensies 2016-05-03

"Die roman raak interessante onderwerpe aan en die narratief is so verslawend soos ’n dwelmmiddel."

Einstein-kompetisie: Dewald Koen

Dewald Koen Einstein-kompetisie 2016-04-06

Lees Dewald Koen se inskrywing vir die Einstein-kompetisie. Hierdie kompetisie daag jong navorsers by universiteite uit om hulle eie navorsing in 130 karakters op te som.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12, Mei 2015

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2016-02-16

Hier is ’n gratis vraestel en memorandum vir graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 8, November 2015

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2016-01-19

"Kyk of jy vir my die son kan vang." In hierdie vraestel van Kingswood College kan jy lees van aktuele sake soos besoedeling en aardverwaring, maar ook oor populêre liedjies soos dié een van Valiant Swart. Laai die vraestel af en begin vandag al oefen vir beter eksamenpunte.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Mei 2015

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2015-10-01

Dewald Koen, Afrikaansonderwyser by Kingswood College, deel nog een van sy 2015-vraestelle.

Boekresensie: Swemlesse vir 'n meermin deur Marita van der Vyver

Dewald Koen Resensies 2015-06-26

Swemlesse vir ’n meermin is ’n voortreflike opvolger vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Dié tweeluik sal tienerlesers boei en selfs ’n paar volwasse lesers met nostalgie aan hul tienerjare laat dink. Met haar jongste jeugroman bewys Van der Vyver weer eens dat sy in voeling is met haar lesers en weet wat in tieners se koppe broei.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Vraestel 1 en 2, September 2014

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2015-06-10

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel nog twee van sy 2014-vraestelle.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 2, November 2014

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2015-05-13

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel een van sy 2014-vraestelle.

Resensie: Nuwe Stories 3

Dewald Koen 2015-01-06 "Nuwe Stories 3 is ’n boeket van nuwe stemme vir die Afrikaanse kortkuns," skryf Dewald Koen.

Resensie: Mellet Moll se Heilige Meetkunde, Swanesange en Nalewe

Dewald Koen 2015-01-02 "Mellet Moll het pas geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse digter wat ’n trilogie as debuut gepubliseer het. Die drie bundels, getiteld Heilige Meetkunde, Swanesange en Nalewe, sluit tematies by mekaar aan en vorm ’n siklus wat saam gelees moet word. Die drie bundels is pragtig uitgegee, met kunswerke van Diek Grobler ..."

Klaskamerklets: Onderhoud met Dewald Koen

Carine Janse van Rensburg, Dewald Koen 2014-10-24 Klaskamerklets met Dewald Koen, departementshoof van Afrikaans aan Kingswood College.

Uit deur Fanie Viljoen

Dewald Koen, Coenraad Walters 2014-09-16 Uit is ín. En die boek is belangrik. Twee onderwysers gee hul menings.

Iemand met wie ek kan praat …

Dewald Koen Menings 2014-08-13

Hoe kan gay tieners in skole ondersteun word?  

Biebouw-resensie: Pleisters vir die dooies deur Fanie Viljoen

Dewald Koen 2014-07-30 Lees Dewald Koen se resensie van hierdie boek. Die illustrasie hierby is deur Fanie Viljoen.
Top