Chrizane Geldenhuys

Chrizane het in 2011 haar honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. 

In 2012 het sy die mediawêreld ingevaar, waar sy eers as nuus- en vermaakjoernalis by Huisgenoot gewerk het en daarna vir twee jaar by LitNet inhoudsbestuurder was. Van daar het sy as besigheidskrywer en bemarkingspesialis gewerk. Sy het die Kaapse winter vir ’n tropiese paradys verruil en woon sedert 2017 saam met haar man in Mosambiek, waar sy steeds inhoud- en bemarkingswerk doen. 

In haar vrye tyd gesels sy graag op Instagram oor kos, liggaamspositiwiteit, goeie gewoontes en dieetkultuur. Sy is tans besig om verder te studeer aan die Edison Institute of Holistic Nutrition in Kanada. 

Haar jongste projek, Kostelik met Chrizane, bied ’n realistiese, inklusiewe en positiewe boodskap oor kos en gesondheid. Volg haar by @kostelikblog of besoek haar webblad, www.kostelik.com.

LitNet-leeskeuses: Woensdag 12 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-12 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Woensdag 12 Desember 2012

LitNet-leeskeuses: Dinsdag 11 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-11 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Dinsdag 11 Desember 2012

LitNet-leeskeuses: Maandag 10 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-10 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Maandag 10 Desember 2012

LitNet-leeskeuses: Vrydag 7 Desember

Chrizane Geldenhuys 2012-12-07 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Vrydag 7 Desember 2012

MasterChef SA-boekbekendstelling maar nog net die begin

Chrizane Geldenhuys 2012-12-07 So tussen die boekrakke van 'n stampvol Exclusive Books in Tygervallei kon MasterChef-aanhangers hulle gunsteling deelnemers ontmoet. LitNet was daar om 'n paar foto's te neem en uit te vind waarmee die deelnemers nou besig is.

LitNet-leeskeuse: Donderdag 6 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-06 Chrizane van Zyl se top vyf leeskeuses vir die dag: Donderdag 6 Desember 2012

LitNet-leeskeuse: Woensdag 5 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-05 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Woensdag 5 Desember 2012

LitNet-leeskeuses: Dinsdag 4 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-04 Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Dinsdag 4 Desember 2012

LitNet leeskeuses: Maandag 3 Desember 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-12-03 Chrizane van Zyl se top vyf leeskeuses vir die dag: Maandag 3 Desember 2012

Gemengde Vrugte: 'n slaai met skop

Chrizane Geldenhuys, Kobus Galloway 2012-11-28 Hulle is ’n pittige klomp wat in Afrikaans grappies maak. Chrizane van Zyl het met die skerp-skerts-komediegroep Gemengde Vrugte gesels om te sien of hulle die lagspiere sal prikkel. Die gevolgtrekking: as jy jou vrugte droog verkies, is hierdie die regte slaai na jou smaak.

Hier is die MK MVP-video's van 2012

Chrizane Geldenhuys 2012-11-23 Terwyl musiekliefhebbers ingeskakel het om hulle gunsteling-groepe se video’s op DStv se MK-kanaal te sien, het die groep MVP-wenners in die Kaap bymekaargekom om ook vir die eerste keer mekaar se video’s te sien.

MK MVP-video's binnekort vrygestel

Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter 2012-11-21 Die derde MK Musiekvideoprojek-wenners se video’s word Donderdagaand die 22ste November in Kaapstad bekendgestel. LitNet het met MK se inhoudsbestuurder, Stephan Potgieter, gesels oor die proses en dít waarna ons later hierdie week kan uitsien.

KykNET Musiek ondersteun die plaaslike musiekbedryf

Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter 2012-11-21 As jy mal is oor Afrikaanse musiek, kan jy nou inskakel op DSTV se kanaal 146. KykNET het op 13 November ’n eksklusief Afrikaanse musiekkanaal geloods. Ons het by Stephan Potgieter, KykNET Musiek se inhoudsbestuurder, gaan hoor hoekom die kanaal gróót nuus is.

Die Broederbond-sitkamer bied meer as 'n gesellige kuier

Chrizane Geldenhuys, Pierre Le Riche Kuns 2012-11-16

Die Kaapste kunstenaar Pierre le Riche se ondersoek na die geskiedenis van Afrikaner-manlike oorheersing vergestalt in ’n uitnodiging om die Broederbond-sitkamer binne te gaan.

Open Book 2012: Haai Karoo-bekendstelling

Chrizane Geldenhuys 2012-09-27 Tydens die tweede aand van die Open Book-fees in Kaapstad het Etienne van Heerden kom gesels oor sy jongste boek, Haai Karoo, ’n versameling kortverhale uit sy oeuvre.
Top