LitNet-leeskeuse: Woensdag 5 Desember 2012

  • 0

Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Woensdag 5 Desember 2012

"Die 100 gewildste gedigte in Afrikaans" (Die Burger)
"Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte is pas vir die eerste keer per stemming aangewys. ’n Webwerf is daarvoor geskep en ’n bundel en CD is op pad. Danie Marais het ’n rits vooraanstaande digters insae daarin gegee en gevra wat hulle van dié lys dink."

"Gee erfenis vir Kersfees" (Die Burger)
Martiens van Bart gesels oor verskeie erfenispublikasies wat jy gerus in iemand se Kersfees-sokkie kan stop.

"5 Boekminute met Val McDermid" (SARIE.com)
Die Ierse misdaadskrywer gesels oor haar jongste losstaande roman, The Vanishing Point. As jy van Deon Meyer se boeke hou, sal McDermid jou boei.

"Onderhoud met Susan Smith" (Versindaba)
Susan Smith se debuutbundel, in die afwesigheid van sin, het onlangs verskyn.

" 'The Hobbit' Reviews: Critics Weigh In On 'An Unexpected Journey'" (Huffington Post Books)
Nog net 'n paar ure na die embargo op fliekresensies vir The Hobbit gelig is, is daar reeds talle reaksies. Christopher Rosen kyk na 'n paar eerste indrukke.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top